Pretoria, 4 Junie 2019. Aangesien Jeugdag hierdie jaar op n Sondag val, sal die Voortrekkermonument se Antiek- & Versamelaarsmark op Maandag, 17 Junie plaasvind. Die mark is van 09:00 tot 15:00 op die dak van die groot amfiteater. Toegang tot die mark is R30 per motor, en ons versoek dat u asb die bedrag gereed sal hou by die hek. Geen besoekers word a.g.v. veiligheidsredes voor 07:00 op die terrein toegelaat nie.

Ongelukkig is stalletjies amper onbekombaar. Uitstallers sien nie maklik van hulle staanplek af nie. In dié verband moet voornemende uitstallers asb ons Facebook-blad: www.facebook.com/VTM1AntiqueFair.Antiekmark/ dophou. Indien n stalletjie beskikbaar is, sal dit daarop adverteer word. Voornemende uitstallers moet ook deur n keuringsproses gaan. Ons is gelukkig om nou weer n nuwe persoon te hê wat pragtige keelkoperware uit België verkoop. Daar is tans 173 stalletjies wat ‘n wye verskeidenheid antiek- en versamelaarsitems verkoop.

Ons het verskeie kosstalletjies, asook ‘n gelisensieerde restaurant. Daar is ‘n spesiale afgebakende parkeerarea vir persone met rolstoele. Besoekers word gevra om asseblief nie hulle honde of ander troeteldiere saam te bring nie, aangesien die Monument in ‘n natuurreservaat geleë is. Navrae aangaande die antiekmark kan gerig word aan Geraldine Paulsen by 012 326 6770 of by bemarking@vtm.org.za maar onthou, die mark is tans volbespreek. Dit geld ook vir kosstalletjies.

Teken by ons Nuusbrief aan

Ad
Ad
Ad
Ad