Pretoria, 4 Desember 2019. Die Voortrekkermonument se jaarlikse Geloftediens vind in die Monument plaas. Hierdie jaar is daar ook na die diens ‘n opwindende boekbekendstelling na die diens in die kunsgalery. Proff. Elizabeth Rankin (Nieu-Seeland) en Rolf Schneider (Duitsland), se splinternuwe boek oor die marmerfries, From Memory to Marble: the historical frieze of the Voortrekker Monument, sal bekendgestel word.

Die hoofhek en die noordelike hek by die Monumentrestaurant sal van 06:30 oop wees om toegang te vergemaklik. Die diens sal direk op die webblad www.vtm.org.za uitgesaai word.

Die diens en die sonverligting van die Senotaaf sal op groot skerms in die Heldesaal en die Senotaafsaal geprojekteer word. Gaste moet asseblief daarop let dat die kwaliteit van die klankprojeksie beter in die Senotaafsaal as die Heldesaal is, weens die argitektoniese ontwerp van die Monument. Persone wat die Geloftediens bywoon, betaal nie toegangsgeld nie, maar ‘n kollekte sal wel voor die aanvang van die diens opgeneem word om te help om die uitgawes van die verrigtinge te dek.

Die program is kortliks soos volg:

06:30 VTM se hoofhekke maak oop, ook die noordelike een

07:00 Assegaaihekke en Monument se deure maak oop en gaste neem plekke in

08:15 Samesang: Sangleier: Carmen Venter

08:30 Opneem van kollekte

09:00 Voorlees van Gelofte

09:05 Geloftediens gelei deur ds Danie Langner

10:00 Afsluiting wegpak van stoele

10:15 Boekbekendstelling, Kunsgalery

11:00 VTM-hoofhekke open vir algemene publiek (normale toegang betaalbaar)

11:30 Kanonskoot

12:00 Waarneem van die son op die Senotaaf

Gaste word vriendelik versoek om vroeg te kom, sodat hulle reeds van 07:30 af hulle sitplekke in die Monument kan begin inneem. Die Monument se deure sal toegemaak word sodra al die plekke ingeneem is, waarna gaste onder die tentafdakke buite die Monumert geakkommodeer sal word. Persone wat verkies om buite te sit, is welkom om hulle eie opvoustoele saam te bring. Klank word buite aangebring, sodat almal na die diens kan luister.

Rolstoele en helpers is op aanvraag op die hoofparkeergebied van die Monument beskikbaar om bewegingsgestremde persone met die spesiale rolstoelpad na die Monument te help vervoer. Neem asb kennis dat u die noordelike hek by die groot amfiteater (R101) moet gebruik wanneer u die terrein verlaat. Die diens word deur die Direksie van die Voortrekkermonument gereël met ondersteuning van Die Voortrekkers.

Navrae i.v.m. die dag se aktiwiteite kan gerig word aan Annatjie by 012 326 6770 of bdpa@vtm.org.za. Die Besturende Direkteur van die Monument, me Cecilia Kruger, sal na afloop van die Boekbekendstelling (11:00) by die Quo Vadis beeld beskikbaar wees vir onderhoude. Haar kontaknommer is 083 417 4411.

Teken by ons Nuusbrief aan

Ad
Ad
Ad
Ad