Markte

Die Antiek– en Versamelaarsmark

Die Voortrekkermonument se Antiek- en Versamelaarsmark vind plaas op vier openbare vakansiedae deur die jaar, naamlik:

  • 21 Maart
  • 17 Junie
  • 9 Augustus
  • 24 September
  • Voorlopig ook op 2 November

Voornemende uitstallers kan Geraldine op 012 326-6770 skakel. Die mark vind op die dak van die Groot Amfiteater plaas. Dit begin om 09:00 en eindig om 15:00. Uitstallers word gekeur en stalletjies word permanent aan hulle toegeken.

Vir navrae of om ‘n stalletjie te bespreek, kontak Geraldine Paulsen by (tel) (012) 326-6770 of bemarking@vtm.org.za.

Kantoorure – Maandag tot Vrydag van 08:00 tot 16:00.

Militêre Fees

Militêre Fees,  jaarliks op 1 Mei: Vir militêre en verwante goedere.

Navrae kan ook gerig word aan Geraldine Paulsen by bemarking@vtm.org.za

Erfenisfees

Erfenisfees,  jaarliks op Erfenisdag, 24 September: Hierdie fees sluit aktiwiteite, musiek, demonstrasies en stalletjies in wat Afrikaanse erfenis vier.

Navrae kan gerig word aan Thea Furstenburg by thea@vtm.org.za.

Ad
Ad
Ad
Ad