Monument Atletiekklub

Onder Privaat Bestuur

Die Voortrekkermonument Atletiekklub is ‘n groep Vriende van die Monument wat aan padwedlope deelneem. Die klub is by Atletiek Gauteng Noord (AGN) geregistreer en neem aan AGN stap- en hardloopligas deel. Alle lede is ook Vriende van die Monument. Amptelike hardloop- en stapbyeenkomste vind op Dinsdae en Donderdae op die Monument se piekniekterrein plaas.

Die klub bied 1 wedlope gedurende die jaar aan as deel van die AGN-kalender.

Die Muller Potgieterwedloop is Pretoria se oudste wedloop.

Apekte van die geskiedenis vorm temas vir al die klub se wedlope.

Vir meer inligting of inskrywingsvorms skakel
Joep Joubert
083 229 6313 of joep.joubert@optilog.co.za

Ad
Ad
Ad
Ad