Restaurante

Amfisaal

Kapasiteit 120 – 300 gaste

Word ook verhuur vir enige tipe onthaal bv. troues, matriekafskeidfunksies, modeparades, kantoorpartytjies ens. Geleë in die rustige natuurreservaat van die Voortrekkermonument Erfenisterrein. Baie sentraal en naby alle hoofroetes na Pretoria. Luuks gemeubileerd, voldoende parkering, rustige omgewing, professionele spyseniering, is maar ‘n paar kenmerke.

De
Kroon Kamer

Kapasiteit 80-160 gaste

‘n Byderwetse lokaal, met ‘n mooi uitsig oor die stad. Gedrapeerde dak, eikehoutmeubels en ‘n kuier-stoep rondom die saal verseker ‘n aangename atmosfeer. Beskik-baar vir enige tipe funksie. Smaaklike kos gewaarborg. Lug-verkoel.

.

Die
Plaaskombuis

Ligte, keurige etes kan van Maandag tot Vrydag op die restaurant se stoep of in die teetuin genuttig word.

Spesiale spyskaarte beskikbaar vir toer-groepe en ander groepbe-sprekings – van ‘n braai tot ‘n tradisionele sop en brood-ete.

Proviand
Venue

Die Proviand is ‘n luukse plek in die hartjie van Fort Schanskop, Pretoria. Ons is die eerste Tapas-kroeg in die stad en het die balans van gehalte-kos, vermaak & musiek vervolmaak. Dit bied ‘n ontspanne, maar tog lewendige omgewing om ‘n plaaslike kuns-bier of ‘n glas wyn te geniet tydens ‘n kwaliteit ete.

.

Oom Paul se
Boskombuis

Is beskikbaar vir vinnig voor-bereide, ligte versnaperings, peuselhappies en iets om die dors te les, voor of na die uitstappie na die Voortrekkermonument.

Die kiosk is aan die westekant van die trappe na die Monument geleë.

Ad
Ad
Ad
Ad