Pretoria, 11 Julie 2018. September is erfenismaand. Met die gevolg, dat daar nie minder as twee verskillende erfenisfeeste by die Voortrekkermonument Erfenisterrein sal plaasvind. Die Monument se eie Erfenisfees vind plaas op 24 September op die piekniekterrein.

Dit sal ‘n familiedag vol interessante aktiwiteite en kulturele demonstrasies wees. Ons sal brood bak in ‘n tradisionele oond, koffie brand, kerse giet, botter maak en swepe vleg. Daar gaan ‘n tipiese Voortrekkeruitstalling deur die Trekboervereniging met kakebeenwaens en pioniersgoedere wees, demonstrasies van smeewerk, ossewaritte, plaasdiere en voorlaaier skiet. Daar sal allerhande snuiterye en handgemaakte items te koop wees, kosstalletjies, lewendige musiekopvoerings en tuisgemaakte brood. Die finale program sal nader aan die datum adverteer word.

Toegang tot die fees is R30 per voertuig. Navrae kan gerig word aan Thea Furstenburg by thea@vtm.org.za of Etta Judson by museum@vtm.org.za.

‘n Erfenisen toerismefees, die eerste van sy soort, sal deur ‘n private maatskappy wat ons fasiliteite huur, plaasvind op die VTM en Vryheidspark gronde van 14 tot 16 September. Die doel van die fees is om ‘n simbiotiese verhouding te kweek tussen toerisme- en erfenisterreine om sodoende, die pragtige erfenisterreine van Tshwane te bewaar deur die gemeenskappe op ‘n volhoubare manier te betrek.

‘n Wye verskeidenheid aktiwiteite sal plaasvind en die organiseerders hoop om hierdie fees as ‘n jaarlikse gebeurtenis te vestig. Kaartjies vir hierdie fees can by Computicket bekom word.

Teken by ons Nuusbrief aan

Ad
Ad
Ad
Ad