Pretoria, 4 Junie 2018. Die antiek- en versamelaarsmark op Jeugdag by die Voortrekkermonument vind plaas op Saterdag, 16 Junie van 09:00 tot 15:00 op die dak van die groot amfiteater. Toegang tot die mark is R30 per motor, en geen besoekers word voor 07:00 op die terrein toegelaat nie.

Die Monument is tans besig om die dak van hierdie fasiliteit stuk vir stuk te vervang. Ons vra om verskoning vir enige ongerief wat dit mag veroorsaak en vra dat besoekers asseblief geduldig moet wees.

Wanneer die nuwe dak voltooi is, sal die mark beslis die beste van sy soort in die land wees. Ongelukkig is verdere stalletjies amper onbekombaar. Uitstallers sien nie maklik van hulle staanplek af nie. In dié verband is daar wel hierdie jaar drie nuwe uitstallers waarvan een pragtige antieke porselein verkoop. Daar is tans 174 stalletjies wat ‘n verskeidenheid antiek- en versamelaarsitems verkoop. Besoekers kan ou erdeware, muntstukke, porselein, Dinky Toys, eetware, messe, juwele, glas en nog baie meer op hierdie mark kry. Daar is ‘n mobiele OTM by elke mark.

Daar is verskeie kosstalletjies, asook ‘n gelisensieerde restaurant. Daar is afgebakende parkering vir persone met rolstoele. Besoekers word gevra om asseblief nie hulle honde of ander troeteldiere saam te bring nie, aangesien die Monument in ‘n natuurreservaat geleë is. Navrae aangaande die antiekmark kan gerig word aan Geraldine Paulsen by 012 326 6770 of by bemarking@vtm.org.za.

Teken by ons Nuusbrief aan

Ad
Ad
Ad
Ad