Pretoria, 12 Maart 2019. Die Voortrekkermonument se eerste antiek- en versamelaarsmark in 2019 vind plaas op Donderdag, 21 Maart van 09:00 tot 15:00 op die dak van die groot amfiteater. Toegang tot die mark is R30 per motor, en geen besoekers word voor 07:00 op die terrein toegelaat nie. Hierdie jaar kan besoekers ook vooraf toegangskaartjies koop by iTickets op: https://itickets.co.za/register/new/420634. Onthou daar is ‘n diensfooi.

Die mark, wat nou reeds dertien jaar oud is, word beskou as die beste van sy soort in die land, en stalletjies is baie moeilik bekombaar. Hulle is so skaars omdat uitstallers nie maklik van hulle staanplek afsien nie. Hierdie jaar is daar wel twee nuwe uitstallers met ‘n verskeidenheid pragtige antiek- en versamelware. Daar is tans 174 stalletjies op die mark. Besoekers kan skilderye, muntstukke, porselein, Dinky Toys, eetware, messe, juwele, glasware en nog baie meer op hierdie mark kry.

Daar is ‘n restaurant en verskeie kosstalletjies op die mark, asook parkering vir persone met rolstoele. Besoekers word gevra om asseblief nie hulle troeteldiere saam te bring na die mark toe nie, aangesien die Monument in ‘n natuurreservaat geleë is, en ons onderworpe is aan Natuurbewaring se wette in die verband. Navrae aangaande die antiekmark kan gerig word aan Geraldine Paulsen by 012 326 6770 of by bemarking@vtm.org.za, maar onthou al die stalletjies is reeds vol.

Teken by ons Nuusbrief aan

Ad
Ad
Ad
Ad