Pretoria, 2 Augustus 2018. Die antiek- en versamelaarsmark wat op Vrouedag by die Voortrekkermonument plaasvind, vind onder ‘n splinternuwe dak plaas. Na jare se gesukkel met die ou dak wat nie die Gautengse storms kon weerstaan nie, is daar nou ‘n dak oor dié fasiliteit wat die mark in ‘n klas van sy eie plaas. Die mark vind plaas op Donderdag, 9 Augustus van 09:00 tot 15:00.

Ons het ‘n nuwe uitstaller by die mark wat as diplomaat veertig jaar lank die wêreld vol gereis het en sodoende pragstukke versamel het. Hy verkoop veral fyn Engelse porselein, kuns (Suid-Afrikaans, Russies en Europees), Persiese matte en primitiewe items uit hoofsaaklik Sentraal-Asië en Indië.

Neem asseblief kennis dat besoekers nie voor 07:00 op die terrein toegelaat sal word nie. Hierdie maatreël is reeds verlede jaar ingestel om veiligheid te verseker. Toegang tot die mark is R30 per motor.

Daar is ‘n restaurant en verskeie kosstalletjies op die mark, asook parkering vir persone met rolstoele. Besoekers word gevra om asseblief nie hulle honde of ander troeteldiere saam te bring nie, aangesien die Monument in ‘n natuurreservaat geleë is, en honde en ander diere word op die terrein verbied.

Navrae aangaande die mark kan gerig word aan Geraldine Paulsen by 012 326 6770 of by bemarking@vtm.org.za maar hou in gedagte dat daar tans geen stalletjies vir nuwe uitstallers beskikbaar is nie.

Teken by ons Nuusbrief aan

Ad
Ad
Ad
Ad