Date

Sep 09 2020 - Okt 09 2020
Expired!

Time

9:00 am - 3:00 pm

Cost

R15.00 p. voertuig

Uitstalling: Uitbeelding van Pretoria/Tshwane deur middel van kuns

Die Voortrekkermonument en die Stad Tshwane bied ’n uitstalling aan van kunswerke wat Pretoria/Tshwane uitbeeld in Galery 20:20 by die Voortrekkermonument van 9 September tot 9 Oktober 2020. Die uitstalling bestaan ​​uit ’n seleksie van kunswerke uit die versameling van die Pretoriase Kunsmuseum en die Voortrekkermonument.

Feitlik van die begin af het professionele en amateurkunstenaars hulle visuele indrukke van die stad in tekeninge en skilderye opgeneem. Verskeie kunstenaars het die stad op unieke maniere uitgebeeld sedert die stad in 1855 gestig is. Hierdie uitstalling bevat kunswerke van onder andere Frans Oerder, JH Pierneef, Thomas Baines, Erich Mayer en Edward Roworth. Die geskiedenis van die stad is visueel baie goed opgeteken. Die kunswerke is nie net uitstekende historiese rekords nie, maar hulle het ook estetiese eienskappe en moet as kunswerke waardeer word.

Die uitstalling word gehou in vennootskap met die GauFestival, ’n dinamiese internasionale en plaaslike gemeenskapsprojek wat in 2016 in Tshwane van stapel gestuur is. Verdere inligting oor die fees is by www.gaufestival.com beskikbaar.

Die toegangsgeld vir die uitstalling is R15,00 per voertuig. As u van plan is om ook die Voortrekkermonument te besoek, is die normale toegangsgeld betaalbaar.

Let daarop dat Gallery 20:20 weens COVID-19-regulasies slegs van Dinsdae tot Vrydae van 09:00 tot 15:00 oop is.

 

Submit a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Ad
Ad
Ad
Ad