Fietsry, Draf

& Stap

Vir die Natuurliefhebber

Van die belangrikste eienskappe van die bergfietsbaan is soos volg:

Die verskillende opsies maak voorsiening vir die volle spektrum, van basiese beginners tot gevorderde “adrenalienverslaafdes”, met verskillende wegspringplekke om dit nog meer interessant te maak. Verdere roetes sal later vanjaar ontwikkel word.

Dit is geleë in ’n veilige, omheinde natuurreservaat met ‘n wye verskeidenheid fauna en flora, met voldoende, veilige parkering.

Daar is ’n verskiedenheid ander fasiliteite op die terrein wat ook benut kan word. Besoekers kan ook op die terrein stap en draf, avontuuraktiwiteite met Adventure Zone, braai op die piekniekterrein en veel meer.

Lede van die geselskap wat nie fiets ry nie, kan intussen die VTM en die Erfenissentrum (normale toegangsgeld betaalbaar by beide), Fort Schanskop, die kunsgalery, die Muur van Herinnering, Gedenktuin ens besoek (lg’s. almal ingesluit by die basiese toegangsgeld), of ontspan by een van ons verskeie verversingspunte of die geskenkwinkel.

Die toegangsgeld per fietsryer is betaalbaar by die hoofhek. Gereelde ryers kan dit oorweeg om as ’n Vriend van die VTM (jaarlikse lidmaatskap) aan te sluit. Vriende word by bewys van lidmaatskapkaartjie vrygestel van die normele hektoegangsgeld.

Ad
Ad
Ad
Ad