
Vanaf 9 – 16 Desember 2022 kuier ons saam soos in die ou dae by die Voortrekkermonument …



Jy hoef nie al die pad see toe te ry om “uit die stad” uit te kom nie!
Kom doen jou kersinkopies by ons Boeremark of Kersmark wat elke aand tydens die Gelofteweek uitstal of besigtig die kunsuitstalling binne die monument en stap deur ons Vrijheidsreis tot binne ons liggietuin.
Dis ‘n fees vir alle Afrikaners, van groot tot klein, met kuierkonserte, jongspan-aktiwiteite, lekker kos, perdekarritte en programme om jou touwys te maak.
Bring die hele familie en al jou vriende en kom ervaar Afrikanerkultuur en gasvryheid op sy beste.

Om ’n gratis besoekerskaartjie vir Gelofteweek te ontvang, is dit noodsaaklik vir elke volwassene om te registreer. (Kinders hoef nie te registreer nie.) Geregistreerde besoekers sal herlei word waar hulle hul gratis besoekerskaartjie en program kan aflaai, asook daaglikse kennisgewings en aktiwiteite tydens Gelofteweek op WhatsApp ontvang.
Let wel, R20 parkering per voertuig is betaalbaar by die verskeie betaalpunte op die terrein vanaf 9 – 15 Desember asook addisionele jongspan-aktiwiteite soos aangedui in die program.
GELOFTEWEEK OPENING
Op 8 Desember nooi ons alle geregistreerde besoekers om die opening van die Gelofteweek by die Voortrekkermonument om 18:00 by te woon.
Kom geniet die aand met ‘n Kerssang by kerslig-konsert begelei deur ‘n simfonieorkes, aansit van die Kersliggies op Monumentkoppie en die liggietuin asook ‘n Kersmark wat tot 21:00 sal oop wees.
VRYDAG 9 DESEMBER 2022

Leer hoe: Sweepslaan-tegnieke en vaardighede
Lewende Laer | Deurlopend | Gratis
Sou jou sweepslae jou span osse in toom kon hou oor die Drakensberg? Kom ons maak jou touwys by die Lewende Laer.

Voortrekker-familie-fotopret
Lewende Laer | Deurlopend | Gratis
‘n Foto vertel ‘n duisend verhale. Kom vang kosbare familieherinneringe vas by die Lewende Laer. NS. Jy kan aantrek soos ‘n Voortrekker.

Maalvleis-vetkoek bedien met skyfies
Skool op Wiele Restaurant | 09:00 – 21:00 | R55.00
Pouse was nog nooit so lekker nie. Gee vroulief ‘n bietjie af en kom bederf jou gesin met ‘n heerlike maaltyd by Skool op Wiele Koffiehuis.

Kerrie en rys
Uitspan Restaurant | 09:00 – 21:00 | R60.00
Kom span uit met ‘n heerlike koppie boeretroos en watertand etes wat die hele gesin kan geniet. Daagliks beskikbaar by Uitspan.

Jongspan: Kom bou 'n kleios
Pioniersentrum | 10:00 | R20.00 pp
Kom stel jou kunssinnigheid op die proef en kom maak ‘n kleios by die Pioniersentrum. Vir meer inligting kontak Lizette Jansen by lizette@kultuurtuiste.org.za

Jongspan: Boeresport Hindernisbaan
Pioniersentrum | 11:00 | R20.00 pp
Is jy die kampioen van kampioene? Kom wys jou staal op ons hindernisbaan. Vir meer inligting kontak Lizette Jansen by lizette@kultuurtuiste.org.za

Jongspan: Krygsgevangene Kersfeeskuns
Fort Schanskop | 12:30 – 14:00 | R60.00 pp
Kersfees is om die draai. Kom kuier by Fort Schanskop en maak unieke kuns vir jou kersboom. Vir meer inligting kontak vir Simoné Cloete by simone@kultuurtuiste.org.za

Jongspan: Laserskiet
Ovaal | 13:00 – 15:00 | R30.00 pp
“Boer of Brit, wie was die beste skut?” – dit is die vraag op almal se lippe. Hou jou oog op die teiken en kom kuier saam by Fort Schanskop. Vir meer inligting kontak vir Simoné Cloete by simone@kultuurtuiste.org.za

Leer hoe: Voorlaaiers en hoe om koeëls te giet
Lewende Laer | 14:00 | Gratis
Die koeël is deur die kamp! Kom ervaar hoe die trekkers van ouds hulle gewere en ammunisie gemaak het.

Volkspele & Boeredanse
Feesterrein | 17:00 | Gratis
Afrikaners is plesierig, dit kan julle glo … Kom kyk hoe die volkspele- en boeredansgroep die stof laat staan met hul tradisionele danspassies.

FAK-Boeremark
Feesterrein | 17:00 – 22:00 | Gratis
Die FAK-Boeremark is waar jy iets van alles vir almal kan kry. Van tuisgebak, handgemaak tot ‘n eetdingetjie. Boonop word die markatmosfeer opgekikker deur verskeie kuierkonserte. Bring jou stoel/piekniekkombers en geniet ‘n heerlike aand saam met jou gesin.

Kersmark
Kruger-galery | 17:00 – 22:00 | Gratis
“Dis Kersfees, dis Kersfees. Tyd vir die familie om saam te wees.” Klein en fyn tierlantyntjies met ‘n heerlike Kersfees-atmosfeer word met trots deur die Dameskring aangebied. Kom maak ‘n draai en koop solank jou geskenke.

Perdekarritte
VTM-parkeerarea | 17:00 – 22:00 | R50.00 pp
“Jingle bells jingle bells, oh what fun it is to ride in a one-horse open sleigh.” Kom kyk na die liggies en bederf jou gesin met ‘n perdekarrit rondom die Voortrekkermonument.

Aflê van die Gelofte
Lewende Laer | 19:00 | Gratis
Vanaf 9 Desember tot aanloop van Geloftedag op 16 Desember gaan die Voortrekkermonument elke aand om 19:00 die Gelofte aflê. Kom ervaar die geleentheid saam met ons by die Lewende Laer.

Kanonskoot
Ovaal | 19:30 | Gratis
Kom kyk hoe maak Kanon Susanna haar stem dik – en dit nog in die aand! Wat ‘n belewenis.

Kampvuurkuier
Lewende Laer | 19:30 | Gratis
Span uit in die Lewende Laer langs die kampvuur en geniet ‘n heerlike koppie Trekkerkoffie terwyl jy voor jou gesin spog met jou malvalekker-braaivernuf. Koffie beskikbaar teen R35.00 per koppie en R5.00 vir twee malvalekkers.

Pieter Smith Boereorkes en mandjiedans
Voortrekkersaal | 20:00 – 22:00 | Gratis
Gryp jou stoel/kombers en onthou jou dansskoene, spring in die kar en maak seker jy maak ‘n draai by die Voortrekkermonument. Dit is tyd vir ‘n makietie! Kom geniet ‘n aand van heerlike musiek deur Pieter Smith en skoffel op die melodie van ‘n boereorkes.
SATERDAG 10 DESEMBER 2022

Leer hoe: Sweepslaan-tegnieke en vaardighede
Lewende Laer | Deurlopend | Gratis
Sou jou sweepslae jou span osse in toom kon hou oor die Drakensberg? Kom ons maak jou touwys by die Lewende Laer.

Voortrekker-familie-fotopret
Lewende Laer | Deurlopend | Gratis
‘n Foto vertel ‘n duisend verhale. Kom vang kosbare familieherinneringe vas by die Lewende Laer. NS. Jy kan aantrek soos ‘n Voortrekker.

Antiekmark
Amfi-dak | 08:00 – 15:00 | Gratis
Blink jou ogies as jy ou erfenisskatte raaksien? Dan is dié mark net vir jou! Kom snuffel, ontdek en koop nostalgiese items by die Voortrekkermonument se Antiekmark.

Hoender mayo- /Maalvleis-jaffel bedien met skyfies
Skool op Wiele Restaurant | 09:00 – 21:00 | R50.00
Pouse was nog nooit so lekker nie. Gee vroulief ‘n bietjie af en kom bederf jou gesin met ‘n heerlike maaltyd by Skool op Wiele Koffiehuis.

Bobotie en geelrys
Uitspan Restaurant | 09:00 – 21:00 | R65.00
Kom span uit met ‘n heerlike koppie boeretroos en watertand etes wat die hele gesin kan geniet. Daagliks beskikbaar by Uitspan.

FAK-Boeremark
Feesterrein | 10:00 – 22:00 | Gratis
Die FAK Boeremark is waar jy iets van alles vir almal kan kry. Van tuisgebak, handgemaak tot ‘n eetdingetjie. Boonop word die markatmosfeer opgekikker deur verskeie kuierkonserte. Bring jou stoel/piekniekkombers en geniet ‘n heerlike aand saam met jou gesin.

Kersmark
Kruger-galery | 10:00 – 22:00 | Gratis
“Dis Kersfees, dis Kersfees. Tyd vir die familie om saam te wees.” Klein en fyn tierlantyntjies met ‘n heerlike Kersfees-atmosfeer word met trots deur die Dameskring aangebied. Kom maak ‘n draai en koop solank jou geskenke.

Jongspan: Maak 'n aartappel-gisplantjie
Pioniersentrum | 10:00 | R20.00 pp
Kom leer hoe die pioniers van ouds gis gemaak het vir wanneer hulle wou brood bak. Vir meer inligting kontak Lizette Jansen by lizette@kultuurtuiste.org.za

Broodbak-demonstrasie
Pioniersentrum | 10:30 | Gratis
Weet jy hoe die Voortrekkers brood gebak het? Kom vind uit! Vars gebakte boerbrode kan na die demonstrasie gekoop word teen R40.00 per brood en R20.00 per koffie.

Jongspan: Boerespioenasie
Fort Schanskop | 11:00 – 12:30 | R50.00 pp
Kom ontsyfer geheime kodes en word ‘n spioen in die Anglo-Boereoorlog. Kies ‘n spioennaam en skryf jou eie boodskap in geheime kodetaal. Vir meer inligting kontak Simoné Cloete by simone@kultuurtuiste.org.za

Jongspan: Leer om botter te karring en geur
Pioniersentrum | 12:00 | R20.00 pp
Weet jy hoe het die Voortrekkers botter gekarring? Kom vind uit! Ons gaan ook die botter geur vir so ‘n ekstra smakie ter voorbereiding van die feesgety. Vir meer inligting kontak Lizette Jansen by lizette@kultuurtuiste.org.za

Jongspan: Laserskiet
Ovaal | 13:00 – 15:00 | R30.00 pp
“Boer of Brit, wie was die beste skut?” – dit is die vraag op almal se lippe. Hou jou oog op die teiken en kom kuier saam by Fort Schanskop. Vir meer inligting kontak vir Simoné Cloete by simone@kultuurtuiste.org.za

Volkspele & Boeredanse
Feesterrein | 17:00 | Gratis
Afrikaners is plesierig, dit kan julle glo … Kom kyk hoe die volkspele- en boeredansgroep die stof laat staan met hul tradisionele danspassies.

Jongspan: Kettieskiet
Feesterrein | 17:00 – 22:00 | R20.00 vir 10 klippies
“Klip in die hand en kettie in die sak …” Kom wys jou vernuf en kom skiet bietjie kettie by die Boeremark. Ons sien julle daar!

Perdekarritte
VTM-parkeerarea | 17:00 – 22:00 | R50.00 pp
“Jingle bells jingle bells, oh what fun it is to ride in a one-horse open sleigh.” Kom kyk na die liggies en bederf jou gesin met ‘n perdekarrit rondom die Voortrekkermonument.

Aflê van die Gelofte
Lewende Laer | 19:00 | Gratis
Vanaf 9 Desember tot aanloop van Geloftedag op 16 Desember gaan die Voortrekkermonument elke aand om 19:00 die Gelofte aflê. Kom ervaar die geleentheid saam met ons by die Lewende Laer.

Kanonskoot
Ovaal | 19:30 | Gratis
Kom kyk hoe maak Kanon Susanna haar stem dik – en dit nog in die aand! Wat ‘n belewenis.

Kampvuurkuier
Lewende Laer | 19:30 | Gratis
Span uit in die Lewende Laer langs die kampvuur en geniet ‘n heerlike koppie Trekkerkoffie terwyl jy voor jou gesin spog met jou malvalekker-braaivernuf. Koffie beskikbaar teen R35.00 per koppie en R5.00 vir twee malvalekkers.

Adam Tas-kuierkonsert
Voortrekkersaal | 20:00 – 21:30 | Gratis
Gryp jou stoel/kombers en onthou jou dansskoene, spring in die kar en maak seker jy maak ‘n draai by die Voortrekkermonument. Dit is tyd vir ‘n makietie! Kom geniet ‘n aand van heerlike musiek deur Adam Tas en kom skoffel soos nooit tevore.
SONDAG 11 DESEMBER 2022

Kunsuitstalling
Senotaafsaal | 08:00 – 19:30 | Gratis
Het jy ‘n passie vir unieke kunswerke? Jy is dan op die regte plek. Kom maak ‘n draai by die Senotaafsaal en kom verkyk jou aan die mooi kunswerke van Kobus Möller.

Buffetete
De Kroonkamer | 11:00 – 15:00
R 220.00 per volwassene
R 150.00 per kind (onder 16)
Wat is nou lekkerder as ‘n heerlike gekookte middagete op ‘n Sondag? Bespreek vandag nog jou plek en kom geniet ‘n maaltyd saam met jou gesin.Vir meer inligting kontak vir Lee-Ann Hendriks by lee-ann@kultuurtuiste.org.za

Aflê van die Gelofte
Lewende Laer | 19:00 | Gratis
Vanaf 9 Desember tot aanloop van Geloftedag op 16 Desember gaan die Voortrekkermonument elke aand om 19:00 die Gelofte aflê. Kom ervaar die geleentheid saam met ons by die Lewende Laer.

Kanonskoot
Ovaal | 19:30 | Gratis
Kom kyk hoe maak Kanon Susanna haar stem dik – en dit nog in die aand! Wat ‘n belewenis.

Kampvuurkuier
Lewende Laer | 19:30 | Gratis
Span uit in die Lewende Laer langs die kampvuur en geniet ‘n heerlike koppie Trekkerkoffie terwyl jy voor jou gesin spog met jou malvalekker-braaivernuf. Koffie beskikbaar teen R35.00 per koppie en R5.00 vir twee malvalekkers.
MAANDAG 12 DESEMBER 2022

Leer hoe: Sweepslaan-tegnieke en vaardighede
Lewende Laer | Deurlopend | Gratis
Sou jou sweepslae jou span osse in toom kon hou oor die Drakensberg? Kom ons maak jou touwys by die Lewende Laer.

Voortrekker-familie-fotopret
Lewende Laer | Deurlopend | Gratis
‘n Foto vertel ‘n duisend verhale. Kom vang kosbare familieherinneringe vas by die Lewende Laer. NS. Jy kan aantrek soos ‘n Voortrekker.

Kunsuitstalling
Senotaafsaal | 08:00 – 22:00 | Gratis
Het jy ‘n passie vir unieke kunswerke? Jy is dan op die regte plek. Kom maak ‘n draai by die Senotaafsaal en kom verkyk jou aan die mooi kunswerke van Kobus Möller.

Roosterkoek-burger bedien met skyfies
Skool op Wiele Restaurant | 09:00 – 21:00 | R65.00
Pouse was nog nooit so lekker nie. Gee vroulief ‘n bietjie af en kom bederf jou gesin met ‘n heerlike maaltyd by Skool op Wiele Koffiehuis.

Lasagne bedien met slaai
Uitspan Restaurant | 09:00 – 21:00 | R65.00
Kom span uit met ‘n heerlike koppie boeretroos en watertand etes wat die hele gesin kan geniet. Daagliks beskikbaar by Uitspan.

Jongspan: Tolletjiebrei
Pioniersentrum | 10:00 & 12:30 | R50.00 pp per sessie
Leer kinders die vaardigheid om met ‘n tolletjie te brei. Dit is ‘n ou tradisionele tydverdryf. Vir meer inligting kontak Lizette Jansen by lizette@kultuurtuiste.org.za

Jongspan: Trekker-lekkernye
Lewende Laer | 11:00 | Gratis
Wonder jy watter lekkernye was daar tydens die Groot Trek? Kom vind uit by die Lewende Laer. Jy kan ook help om ‘n melktert op die vuur te maak.

Jongspan: Krygsgevangene Kersfeeskuns
Fort Schanskop | 11:00 – 12:30 | R60.00 pp
Kersfees is om die draai. Kom kuier by Fort Schanskop en maak unieke kuns vir jou Kersboom. Vir meer inligting kontak vir Simoné Cloete by simone@kultuurtuiste.org.za

Jongspan: Laserskiet
Ovaal | 13:00 – 15:00 | R30.00 pp
“Boer of Brit, wie was die beste skut?” – dit is die vraag op almal se lippe. Hou jou oog op die teiken en kom kuier saam by Fort Schanskop. Vir meer inligting kontak vir Simoné Cloete by simone@kultuurtuiste.org.za

Volkspele & Boeredanse
Feesterrein | 17:00 | Gratis
Afrikaners is plesierig, dit kan julle glo … Kom kyk hoe die volkspele- en boeredansgroep die stof laat staan met hul tradisionele danspassies.

FAK-Boeremark
Feesterrein | 17:00 – 22:00 | Gratis
Die FAK Boeremark is waar jy iets van alles vir almal kan kry. Van tuisgebak, handgemaak tot ‘n eetdingetjie. Boonop word die markatmosfeer opgekikker deur verskeie kuierkonserte. Bring jou stoel/piekniekkombers en geniet ‘n heerlike aand saam met jou gesin.

Kersmark
Kruger-galery | 17:00 – 22:00 | Gratis
“Dis Kersfees, dis Kersfees. Tyd vir die familie om saam te wees.” Klein en fyn tierlantyntjies met ‘n heerlike Kersfees-atmosfeer word met trots deur die Dameskring aangebied. Kom maak ‘n draai en koop solank jou geskenke.

Jongspan: Kettieskiet
Feesterrein | 17:00 – 22:00 | R20.00 vir 10 klippies
“Klip in die hand en kettie in die sak en so breek ons dag. Mik nou mooi, sit hom in, trek hom terug, lê aan teen die wind. Laat hom gly deur die mik” – Wikus van der Merwe. Kom wys jou vernuf en kom skiet bietjie kettie by die Boeremark. Ons sien julle daar!

Perdekarritte
VTM-parkeerarea | 17:00 – 22:00 | R50.00 pp
“Jingle bells jingle bells, oh what fun it is to ride in a one-horse open sleigh.” Kom kyk na die liggies en bederf jou gesin met ‘n perdekarrit rondom die Voortrekkermonument.

Piet Smit-vertoning
Heldesaal | 18:30 – 20:00 | Gratis
Piet se musiek is gewortel in die country en folk style van die 1970’s – met ‘n baie rustige, een-stem-een-kitaar-klank in die vertellende-luisterliedjie-genre. Bederf jou gesin met ‘n rustige konsert waar verskeie Kersliedere gesing gaan word.

Aflê van die Gelofte
Lewende Laer | 19:00 | Gratis
Vanaf 9 Desember tot aanloop van Geloftedag op 16 Desember gaan die Voortrekkermonument elke aand om 19:00 die Gelofte aflê. Kom ervaar die geleentheid saam met ons by die Lewende Laer.

Kanonskoot
Ovaal | 19:30 | Gratis
Kom kyk hoe maak Kanon Susanna haar stem dik – en dit nog in die aand! Wat ‘n belewenis.

Kampvuurkuier
Lewende Laer | 19:30 | Gratis
Span uit in die Lewende Laer langs die kampvuur en geniet ‘n heerlike koppie Trekkerkoffie terwyl jy voor jou gesin spog met jou malvalekker-braaivernuf. Koffie beskikbaar teen R35.00 per koppie en R5.00 vir twee malvalekkers.

Ilán-kuierkonsert
Voortrekkersaal | 20:00 – 22:00 | Gratis
Gryp jou stoel/kombers en onthou jou dansskoene, spring in die kar en maak seker jy maak ‘n draai by die Voortrekkermonument. Dit is tyd vir ‘n makietie! Kom geniet ‘n aand van heerlike musiek deur Ilan en kom skoffel lekker saam met vriende en familie.
DINSDAG 13 DESEMBER 2022

Leer hoe: Sweepslaan-tegnieke en vaardighede
Lewende Laer | Deurlopend | Gratis
Sou jou sweepslae jou span osse in toom kon hou oor die Drakensberg? Kom ons maak jou touwys by die Lewende Laer.

Voortrekker-familie-fotopret
Lewende Laer | Deurlopend | Gratis
‘n Foto vertel ‘n duisend verhale. Kom vang kosbare familieherinneringe vas by die Lewende Laer. NS. Jy kan aantrek soos ‘n Voortrekker.

Kunsuitstalling
Senotaafsaal | 08:00 – 22:00 | Gratis
Het jy ‘n passie vir unieke kunswerke? Jy is dan op die regte plek. Kom maak ‘n draai by die Senotaafsaal en kom verkyk jou aan die mooi kunswerke van Kobus Möller.

Boereworsrol bedien met Skyfies
Skool op Wiele Restaurant | 09:00 – 21:00 | R55.00
Pouse was nog nooit so lekker nie. Gee vroulief ‘n bietjie af en kom bederf jou gesin met ‘n heerlike maaltyd by Skool op Wiele Koffiehuis.

Hoenderpastei bedien met slaai
Uitspan Restaurant | 09:00 – 21:00 | R65.00
Kom span uit met ‘n heerlike koppie boeretroos en watertand etes wat die hele gesin kan geniet. Daagliks beskikbaar by Uitspan.

Jongspan: Voortrekker-speletjies
Pioniersentrum | 10:00 & 12:30 | R20.00 pp per sessie
Het jy al ooit gewonder watter speletjies het die Voortrekkerkinders gespeel tydens die Groot Trek? Kom vind uit! Vir meer inligting kontak Lizette Jansen by lizette@kultuurtuiste.org.za

Leer hoe: Van vet tot vetkerse
Lewende Laer | 11:00 | Gratis
Dierevet was een van die belangrikste items wat tydens die Groot Trek gebruik is. Kom leer meer oor die gebruike van vet asook hoe Trekkers van ouds kerse gemaak het.

Jongspan: Boerespioenasie
Fort Schanskop | 11:00 – 12:30 | R50.00 pp
Kom ontsyfer geheime kodes en word ‘n spioen in die Anglo-Boereoorlog. Kies ‘n spioennaam en skryf jou eie boodskap in geheime kodetaal. Vir meer inligting kontak Simoné Cloete by simone@kultuurtuiste.org.za

Volkspele & Boeredanse
Feesterrein | 17:00 | Gratis
Afrikaners is plesierig, dit kan julle glo … Kom kyk hoe die volkspele- en boeredansgroep die stof laat staan met hul tradisionele danspassies.

FAK-Boeremark
Feesterrein | 17:00 – 22:00 | Gratis
Die FAK Boeremark is waar jy iets van alles vir almal kan kry. Van tuisgebak, handgemaak tot ‘n eetdingetjie. Boonop word die markatmosfeer opgekikker deur verskeie kuierkonserte. Bring jou stoel/piekniekkombers en geniet ‘n heerlike aand saam met jou gesin.

Kersmark
Kruger-galery | 17:00 – 22:00 | Gratis
“Dis Kersfees, dis Kersfees. Tyd vir die familie om saam te wees.” Klein en fyn tierlantyntjies met ‘n heerlike Kersfees-atmosfeer word met trots deur die Dameskring aangebied. Kom maak ‘n draai en koop solank jou geskenke.

Jongspan: Kettieskiet
Feesterrein | 17:00 – 22:00 | R20.00 vir 10 klippies
“Klip in die hand en kettie in die sak …” Kom wys jou vernuf en kom skiet bietjie kettie by die Boeremark. Ons sien julle daar!

Perdekarritte
VTM-parkeerarea | 17:00 – 22:00 | R50.00 pp
“Jingle bells jingle bells, oh what fun it is to ride in a one-horse open sleigh.” Kom kyk na die liggies en bederf jou gesin met ‘n perdekarrit rondom die Voortrekkermonument.

Piet Smit-vertoning
Heldesaal | 18:30 – 20:00 | Gratis
Piet se musiek is gewortel in die country en folk style van die 1970’s – met ‘n baie rustige, een-stem-een-kitaar-klank in die vertellende-luisterliedjie-genre. Bederf jou gesin met ‘n rustige konsert waar verskeie Kersliedere gesing gaan word.

Aflê van die Gelofte
Lewende Laer | 19:00 | Gratis
Vanaf 9 Desember tot aanloop van Geloftedag op 16 Desember gaan die Voortrekkermonument elke aand om 19:00 die Gelofte aflê. Kom ervaar die geleentheid saam met ons by die Lewende Laer.

Kanonskoot
Ovaal | 19:30 | Gratis
Kom kyk hoe maak Kanon Susanna haar stem dik – en dit nog in die aand! Wat ‘n belewenis.

Kampvuurkuier
Lewende Laer | 19:30 | Gratis
Span uit in die Lewende Laer langs die kampvuur en geniet ‘n heerlike koppie Trekkerkoffie terwyl jy voor jou gesin spog met jou malvalekker-braaivernuf. Koffie beskikbaar teen R35.00 per koppie en R5.00 vir twee malvalekkers.

Deidré-kuierkonsert
Voortrekkersaal | 20:00 – 22:00 | Gratis
Gryp jou stoel/kombers en onthou jou dansskoene, spring in die kar en maak seker jy maak ‘n draai by die Voortrekkermonument. Dit is tyd vir ‘n makietie! Kom geniet ‘n aand van heerlike musiek deur Deidré en kom skoffel lekker saam.
WOENSDAG 14 DESEMBER 2022

Leer hoe: Sweepslaan-tegnieke en vaardighede
Lewende Laer | Deurlopend | Gratis
Sou jou sweepslae jou span osse in toom kon hou oor die Drakensberg? Kom ons maak jou touwys by die Lewende Laer.

Voortrekker-familie-fotopret
Lewende Laer | Deurlopend | Gratis
‘n Foto vertel ‘n duisend verhale. Kom vang kosbare familieherinneringe vas by die Lewende Laer. NS. Jy kan aantrek soos ‘n Voortrekker.

Kunsuitstalling
Senotaafsaal | 08:00 – 22:00 | Gratis
Het jy ‘n passie vir unieke kunswerke? Jy is dan op die regte plek. Kom maak ‘n draai by die Senotaafsaal en kom verkyk jou aan die mooi kunswerke van Kobus Möller.

Braaibroodjie en boerewors
Skool op Wiele Restaurant | 09:00 – 21:00 | R50.00
Pouse was nog nooit so lekker nie. Gee vroulief ‘n bietjie af en kom bederf jou gesin met ‘n heerlike maaltyd by Skool op Wiele Koffiehuis.

Beespotjie bedien met stampmielies
Uitspan Restaurant | 09:00 – 21:00 | R70.00
Kom span uit met ‘n heerlike koppie boeretroos en watertand etes wat die hele gesin kan geniet. Daagliks beskikbaar by Uitspan.

Jongspan: Laserskiet
Ovaal | 9:00 – 12:00 | R30.00 pp
“Boer of Brit, wie was die beste skut?” – dit is die vraag op almal se lippe. Hou jou oog op die teiken en kom kuier saam by Fort Schanskop. Vir meer inligting kontak vir Simoné Cloete by simone@kultuurtuiste.org.za

Jongspan: Natuur-avontuur
Pioniersentrum | 09:00 | R80.00 pp
Jongspan, mars! Dit is tyd om te leer van die natuur. Kom geniet ‘n heerlike stappie in die natuur! Vir meer inligting kontak Lizette Jansen by lizette@kultuurtuiste.org.za

Jongspan: Braai stokbrood
Pioniersentrum | 11:00 | R40.00 pp
Wou jy nog altyd leer hoe om die perfekte stokbrood te maak vir daardie lekker koppie sop? Wel, kom leer saam by die Pioniersentrum. Vir meer inligting kontak Lizette Jansen by lizette@kultuurtuiste.org.za

Leer hoe: Smidswinkel-werk
Lewende Laer | 11:00 | Gratis
Weet jy hoe verskeie ysteritems gemaak word? Kom kyk na hierdie interessante demonstrasie en span uit in die Lewende Laer.

Jongspan: Krygsgevangene Kersfeeskuns
Fort Schanskop | 12:30 – 14:00 | R60.00 pp
Kersfees is om die draai. Kom kuier by Fort Schanskop en maak unieke kuns vir jou Kersboom. Vir meer inligting kontak vir Simoné Cloete by simone@kultuurtuiste.org.za

Volkspele
Feesterrein | 17:00 | Gratis
Afrikaners is plesierig, dit kan julle glo … Kom kyk hoe die volkspelegroep stof opskop met hul tradisionele danspassies.

FAK-Boeremark
Feesterrein | 17:00 – 22:00 | Gratis
Die FAK Boeremark is waar jy iets van alles vir almal kan kry. Van tuisgebak, handgemaak tot ‘n eetdingetjie. Boonop word die markatmosfeer opgekikker deur verskeie kuierkonserte. Bring jou stoel/piekniekkombers en geniet ‘n heerlike aand saam met jou gesin.

Kersmark
Kruger-galery | 17:00 – 22:00 | Gratis
“Dis Kersfees, dis Kersfees. Tyd vir die familie om saam te wees.” Klein en fyn tierlantyntjies met ‘n heerlike Kersfees-atmosfeer word met trots deur die Dameskring aangebied. Kom maak ‘n draai en koop solank jou geskenke.

Jongspan: Kettieskiet
Feesterrein | 17:00 – 22:00 | R20.00 vir 10 klippies
“Klip in die hand en kettie in die sak …” Kom wys jou vernuf en kom skiet bietjie kettie by die Boeremark. Ons sien julle daar!

Perdekarritte
VTM-parkeerarea | 17:00 – 22:00 | R50.00 pp
“Jingle bells jingle bells, oh what fun it is to ride in a one-horse open sleigh.” Kom kyk na die liggies en bederf jou gesin met ‘n perdekarrit rondom die Voortrekkermonument.

Piet Smit-vertoning
Heldesaal | 18:30 – 20:00 | Gratis
Piet se musiek is gewortel in die country en folk style van die 1970’s – met ‘n baie rustige, een-stem-een-kitaar-klank in die vertellende-luisterliedjie-genre. Bederf jou gesin met ‘n rustige konsert waar verskeie Kersliedere gesing gaan word.

Aflê van die Gelofte
Lewende Laer | 19:00 | Gratis
Vanaf 9 Desember tot aanloop van Geloftedag op 16 Desember gaan die Voortrekkermonument elke aand om 19:00 die Gelofte aflê. Kom ervaar die geleentheid saam met ons by die Lewende Laer.

Kanonskoot
Ovaal | 19:30 | Gratis
Kom kyk hoe maak Kanon Susanna haar stem dik – en dit nog in die aand! Wat ‘n belewenis.

Kampvuurkuier
Lewende Laer | 19:30 | Gratis
Span uit in die Lewende Laer langs die kampvuur en geniet ‘n heerlike koppie Trekkerkoffie terwyl jy voor jou gesin spog met jou malvalekker-braaivernuf. Koffie beskikbaar teen R35.00 per koppie en R5.00 vir twee malvalekkers.

Jay-kuierkonsert
Voortrekkersaal | 20:00 – 22:00 | Gratis
Gryp jou stoel/kombers en onthou jou dansskoene, spring in die kar en maak seker jy maak ‘n draai by die Voortrekkermonument. Dit is tyd vir ‘n makietie! Kom geniet ‘n aand van heerlike musiek deur Jay en skoffel op die melodie van ‘n boereorkes.
DONDERDAG 15 DESEMBER 2022

Leer hoe: Sweepslaan-tegnieke en vaardighede
Lewende Laer | Deurlopend | Gratis
Sou jou sweepslae jou span osse in toom kon hou oor die Drakensberg? Kom ons maak jou touwys by die Lewende Laer.

Voortrekker-familie-fotopret
Lewende Laer | Deurlopend | Gratis
‘n Foto vertel ‘n duisend verhale. Kom vang kosbare familieherinneringe vas by die Lewende Laer. NS. Jy kan aantrek soos ‘n Voortrekker.

Kunsuitstalling
Senotaafsaal | 08:00 – 22:00 | Gratis
Het jy ‘n passie vir unieke kunswerke? Jy is dan op die regte plek. Kom maak ‘n draai by die Senotaafsaal en kom verkyk jou aan die mooi kunswerke van Kobus Möller.

Gevulde pannekoek
Skool op Wiele Restaurant | 09:00 – 21:00 | R45.00
Pouse was nog nooit so lekker nie. Gee vroulief ‘n bietjie af en kom bederf jou gesin met ‘n heerlike maaltyd by Skool op Wiele Koffiehuis.

Herderspastei bedien met slaai
Uitspan Restaurant | 09:00 – 21:00 | R65.00
Kom span uit met ‘n heerlike koppie boeretroos en watertand etes wat die hele gesin kan geniet. Daagliks beskikbaar by Uitspan.

Jongspan: Voer die werfdiere
Pioniersentrum | 09:00 & 12:00 | R20.00 pp per sessie
As jy ‘n passie het vir oulike plaasdiere, dan is hierdie aktiwiteit vir jou. Moenie die geleentheid misloop om die plaasdiere te kom voer nie! Vir meer inligting kontak Lizette Jansen by lizette@kultuurtuiste.org.za

Jongspan: Perdepret en -ritte in die kraal
Pioniersentrum | 09:30 & 13:00 | R50.00 pp per sessie
Raak perd-wys by die Pioniersentrum. Kom leer meer van die anatomie van ‘n perd en hoe om een te ry soos ‘n professionele ruiter. Vir meer inligting kontak Lizette Jansen by lizette@kultuurtuiste.org.za

Jongspan: Boerespioenasie
Fort Schanskop | 11:00 – 12:30 | R50.00 pp
Kom ontsyfer geheime kodes en word ‘n spioen in die Anglo-Boereoorlog. Kies ‘n spioennaam en skryf jou eie boodskap in geheime kodetaal. Vir meer inligting kontak Simoné Cloete by simone@kultuurtuiste.org.za

Leer hoe: Voorlaaiers en hoe om koeëls te giet
Lewende Laer | 14:00 | Gratis
Die koeël is deur die kamp! Kom ervaar hoe die trekkers van ouds hulle gewere en ammunisie gemaak het.

Volkspele
Feesterrein | 17:00 | Gratis
Afrikaners is plesierig, dit kan julle glo … Kom kyk hoe die volkspelegroep stof opskop met hul tradisionele danspassies.

FAK-Boeremark
Feesterrein | 17:00 – 22:00 | Gratis
Die FAK Boeremark is waar jy iets van alles vir almal kan kry. Van tuisgebak, handgemaak tot ‘n eetdingetjie. Boonop word die markatmosfeer opgekikker deur verskeie kuierkonserte. Bring jou stoel/piekniekkombers en geniet ‘n heerlike aand saam met jou gesin.

Kersmark
Kruger-galery | 17:00 – 22:00 | Gratis
“Dis Kersfees, dis Kersfees. Tyd vir die familie om saam te wees.” Klein en fyn tierlantyntjies met ‘n heerlike Kersfees-atmosfeer word met trots deur die Dameskring aangebied. Kom maak ‘n draai en koop solank jou geskenke.

Jongspan: Kettieskiet
Feesterrein | 17:00 – 22:00 | R20.00 vir 10 klippies
“Klip in die hand en kettie in die sak …” Kom wys jou vernuf en kom skiet bietjie kettie by die Boeremark. Ons sien julle daar!

Perdekarritte
VTM-parkeerarea | 17:00 – 22:00 | R50.00 pp
“Jingle bells jingle bells, oh what fun it is to ride in a one-horse open sleigh.” Kom kyk na die liggies en bederf jou gesin met ‘n perdekarrit rondom die Voortrekkermonument.

AfriForumTV – Die Gelofte Musiekblyspel Film
Voortrekkermonument | 18:00 – 20:00 | Gratis
AfriForum se treffende toneelstuk, die Gelofte Musiekblyspel, word bekend gestel op AfriForumTV. Daar is nie ‘n beter plek om dit te ervaar as in die majestueuse Voortrekkermonument nie.

Aflê van die Gelofte
Lewende Laer | 19:00 | Gratis
Vanaf 9 Desember tot aanloop van Geloftedag op 16 Desember gaan die Voortrekkermonument elke aand om 19:00 die Gelofte aflê. Kom ervaar die geleentheid saam met ons by die Lewende Laer.

Kanonskoot
Ovaal | 19:30 | Gratis
Kom kyk hoe maak Kanon Susanna haar stem dik – en dit nog in die aand! Wat ‘n belewenis.

Kampvuurkuier
Lewende Laer | 19:30 | Gratis
Span uit in die Lewende Laer langs die kampvuur en geniet ‘n heerlike koppie Trekkerkoffie terwyl jy voor jou gesin spog met jou malvalekker-braaivernuf. Koffie beskikbaar teen R35.00 per koppie en R5.00 vir twee malvalekkers.

Familiepret: Leer hoe om stokbrood te maak
Lewende Laer | 19:30 | R15.00 pp
Wou jou nog altyd leer hoe om die perfekte stokbrood te maak vir daardie lekker koppie sop? Wel, kom leer saam by die Lewende Laer.
VRYDAG 16 DESEMBER 2022

Hekke open
06:00
Die hekke van die Voortrekkermonument maak reeds om 06:00 oop op die 16de Desember. Ons nooi jou uit om vroegoggend ‘n koppie koffie en beskuit saam met ons te geniet voor die diens begin. Onthou jou stoel, hoed en kollektegeldjie.

Samesang / Voorsang
Amfi-teater | 07:00 – 08:30
Die gesangeboekie sal aan geregistreerde besoekers gestuur word per WhatsApp of beperkte boekies sal te koop wees by die Voortrekkersaal.

Lees van die Gelofte
08:30
Op Geloftedag lê ons weereens die Gelofte aan die Here af en deel hierdie belofte met ons nageslag. Ervaar hierdie spesiale geleentheid saam met jou familie,vriende en mede-Afrikaners.

Dankoffer
09:00
Dankofferhouers sal op die dag by verskeie punte op die Voortrekkermonumentterrein wees vir enigeen wat ‘n donasie wil maak en sal ook tydens die diens omgestuur word. Vir diegene wat wil, is daar ook die opsie om ‘n elektroniese donasie met ons SnapScan QR-kode te maak.

Geloftediens
Amfi-teater | 09:00
Die Geloftediens word hierdie jaar gelei deur dr. Johann Ernst van die NG Gemeente Doornkloof en beloof om ‘n wonderlike boodskap te wees om hierdie wonderwerk na 184 jaar te vereer.

Sing van die Gelofte-lied
10:00
Die sing van die Geloftelied is elke jaar ‘n hoendervleis ervaring. Prys die Heer en sing saam met duisende Afrikaners hierdie belofte uit volle bors.

Kosstalletjies
Feesterrein | 10:00 – 15:00
Na afloop van die diens sal daar op die feesterrein verskeie kosstalletjies wees vir almal wat ‘n honger kolletjie wil stil terwyl hulle die monument, die nuwe Vrijheidsreis en die res van die terrein verken.

Son op senotaaf
Voortrekkermonument | 12:00
Kyk hoe die son om 12:00 deur die koepeldak van die monument op die senotaaf skyn om die woorde “Ons vir jou, Suid-Afrika” te verlig.

Kanonskoot
Quo Vadis | 12:30
Oudergewoonte gaan Kanon Susanna die dag afsluit in regte Voortrekkerstyl met ‘n groot gebrul voor die Voortrekkermonument. Moet dit nie misloop nie!

Karel Landman-monument-replika onthulling
Historiese Trekroetetuin | 13:00
Die Historiese Trekroetetuin spog alreeds met nege kleinskaal monument-replikas en op 16 Desember gaan ons nog een by ons versameling voeg. Wees deel van die onthulling van die splinternuwe Karel Landman-monument-replika en stap in die spore van die Groot Trek-leiers.
Neem asb. kennis: Weens onvoorsiene omstandighede kan die program op kort kennisgewing aangepas word. Maak asb. seker van aanpassings t.o.v. geleenthede via ons Facebook-blad.
Die Voortrekkermonument ontvang geen staatsubsidie nie en is afhanklik van ons vriende en besoekers se bydrae vir die behoud, bevordering en uitbreiding van ons Kultuurtuiste.
Die bydraes van ons vriende en vennote stel ons in staat om Geloftedag en Gelofteweek so ver as moontlik gratis te kan aanbied.
Maak ons hande sterk sodat ons Gelofteweek groter en nog beter kan maak deur op die onderstaande skakel te klik en ’n finansiële bydrae van jou keuse te maak.