September is Erfenismaand en watter beter manier om dit te vier as met ’n nagtoer deur jou gunstelingkultuurtuiste.
Vanaf 20-27 September bied ons vir jou die geleentheid om die geheime van die monument te ontdek met ’n spesiale begeleide toer. Beleef hoe die friespanele lewend word, ervaar die donker-seer verlede, die uitroep na hulp! Kom beleef hoe geloof jou red. CJ Langenhoven het gesê: “Waar daar swaarkry en hartseer is, is daar ook altyd hoop.”
Wat is ingesluit?
• Aandete en ander verversings
• Nagtoer met ’n gids
• Verrassingselement (optredes deur ons eie akteurs, musiek en sang)
Die toer is beskikbaar in beide Afrikaans en Engels. Sien datums as volg:
• Afrikaanse toer – 20, 21, 26 en 27 September
• Engelse toer – 23, 24 en 25 September
Groepbespreking kan by johandebruin@kultuurtuiste.org.za gemaak word. Let wel: die groep moet uit 35 mense bestaan.
Sessie 1 | Sessie 2 |
---|---|
17:00 – Gaste arriveer, aandete bedien |
18:00 – Gaste arriveer, aandete bedien |
18:10 – Toer begin in Heldesaal |
19:10 – Toer begin in Heldesaal |
18:50 – Senotaafsaal |
19:50 – Senotaafsaal |
19:00 – Vrijheidsreis |
20:00 – Vrijheidsreis |
19:15 – Verversings en koffie in die tuin |
20:15 – Verversings en koffie in die tuin |
20:00 – Gaste verdaag |
21:00 – Gaste verdaag |