Navorsingsfasiliteite

Argiefdienste
Die argiefmateriaal wat hier gehuisves word, bestaan uit dokumentversamelings, foto’s, skaars koerante, argitektekeninge, kaarte en oudio-visuele materiaal. Daar is onder meer argiefversamelings van die Voortrekkermonument wat dateer vanaf 1931 – 1993 en van die Afrikanerbond wat dateer vanaf 1918-1994. ‘n Uitgebreide versameling foto’s van die Anglo-Boereoorlog is beskikbaar, asook unieke materiaal oor die ontstaan van die Voortrekkermonument.
Professionele personeel sien om na die bewaring van argivale materiaal en die ontsluiting daarvan vir gebruik deur navorsers. Dit is ‘n gewilde internasionale besoekpunt vir navorsing oor Afrikanerkultuur in al sy fasette.
Fokusareas vir insameling is die Groot Trek, die Voortrekkermonument, die Anglo-Boere-oorlog, Afrikaner-kultuurorganisasies en persoonlike versamelings wat ‘n bydrae lewer tot die kulturele en geskiedkundige aspekte van die Afrikaanssprekende Suid-Afrikaanse samelewing.
Die argief kan gebruik word vir navorsing vanaf 08:00 – 16:00 op weeksdae. ‘n Toegangsfooi word gevra en tariewe vir verskillende dienste word gehef.
Navrae:
Zabeth Botha
Tel: 012 325 7885; 012 323 9050
E-pos: argief@es.org.za
Kyk gerus ook by die SP Engelbrect Museum van die Nederduitsch Hervormde Kerk in Afrika vir argiefmateriaal oor toepaslike onderwerpe.
Doen navraag by hulle argivaris
Mnr Nandor Sarkady
Tel. 012 322 8885 x 204.
http://www.nhk.co.za/cms/index.php?option=com_content&view=article&id=1258&Itemid=634
Genealogiese
Navorsingsdienste

Die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika se Noord-Transvaaltak huisves ook sy boek-versameling by die Navorsingsentrum. Die lede se maandelikse byeenkomste vind op Saterdae hier plaas en saam met die biblioteek se eie versameling, word ‘n omvattende diens gelewer aan persone wat familiegeskiedenis wil navors. Kontakbesonderhede van die GGSA
Webblad: http://www.genza.org.za
Navrae: Marlene Shulze
Tel: (012) 325 7885
Epos: bib@es.org.za
Biblioteek

Die Naslaanbiblioteek word in die nuwe, moderne Erfenissentrum gehuisves en bevat nagenoeg 15000 bronne: boeke, tydskrifte, pamflette, verhandelings en ander elektroniese bronne. Dit sluit in die kosbare Hertzog-versameling, en die versameling van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika se Noord-Transvaaltak. http://www.gensa.info. Die biblioteek fokus op onderwerpe rondom Suid-Afrikaanse geskiedenis en kultuurgeskiedenis, met inbegrip van die Afrikaanse taal, onderwys-, kerkgeskiedenis, geskiedenis van plekke en plekname, militêre geskiedenis en erfenis-bewaring. Lees Meer
Museumdienste

Die Voortrekkermonument en Natuurreservaat asook die Erfenisstigting is verantwoordelik daarvoor om die Museumversameling in sy besit te alle tye museumkundig-eties te dokumenteer, ontsluit, konserveer, na te vors en te interpreteer, hetsy deur uitstallings, publikasies, opgrawings of ander oudio-visuele produkte.
Die museumversameling word selektief uitgebrei deur middel van skenkings, pro-aktiewe in-sameling, aankope en deur voorwerpe van ander instansies te bruikleen.
Die Groot Trek, Voortrekkermonument, die Anglo-Boereoorlog, Afrikaner-persoonlikhede en familiegeskiedenis maak deel uit van die gespesialiseerde fokus. Familienavorsing word al hoe gewilder, en die biblioteek blyk ook hier ‘n ryk bron van inligting te wees. As affiliaatbiblioteek van die bekende Family History Library (Genealogiese Vereniging van Utah) het ons ook toegang tot kerk- en ander registers op mikrofilm, teen ‘n billike tarief.
Die Biblioteek bied:
- Gerieflike, veilige parkering
- ‘n Gerieflike en moderne leeskamer met 25 leeshokkies en lugreëling.
- Rekenaars vir naslaanwerk en Internet-toegang teen ‘n bekostigbare tarief.
- Kragpunte vir skootrekenaars vir dié gebruikers wat verkies om hul eie saam te bring.
- Sluitkassies is beskikbaar om sakke en waardevolle items te bêre.
Oop:
Maandag tot Vrydag: 08H00 – 16H00
Saterdag: Gesluit behalwe elke tweede Saterdag van die maand, 10H00-14H00
Toegangsgelde:
R45 indien slegs die Naslaanbiblioteek gebruik word. ‘n Erfenisheffing van R15 is ook van toepassing.
Navrae:
Malene Schultze
Tel: 012 325 7885
bib@es.org.za
Die omvang van die versamelings van die Voortrekkermonument en Natuurreservaat, en die Erfenisstigting:
Voortrekkermonumentmuseum
Versamel en dokumenteer voorwerpe en inligting wat verband hou met
- Die Groot Trekperiode (1834 – 1854)
- Die Groot Trekherdenkings
- Die Voortrekkermonument en sy geskiedenis
- Kultuurorganisasies en bewegings wat uit die Groot Trek en sy herdenkings ontstaan het
Fort Schanskopmuseum
Versamel en dokumenteer voorwerpe en inligting wat betrekking het op:
- Die periode wat strek van die Jameson-inval, 1897 tot na die afloop van die 1914-rebellie
- Die militêre geskiedenis van die ZAR tydens die Eerste Vryheidoorlog (1880-1881) en die Tweede Vryheidsoorlog bekend as die Anglo-Boereoorlog (1899 – 1902)
- Die geskiedenis van die Fort van 1897 tot hede
Erfenissentrum
Versamel en dokumenteer voorwerpe en veral inligting wat betrekking het op:
- Die geskiedenis, kultuurgeskiedenis en prestasies van hoofsaaklik die Afrikaanssprekende bevolking vanaf 1902 tot die hede met spesifieke verwysing na belangrike persone en gebeurtenisse.
- Genealogie en familiegeskiedenisse van prominente Suid-Afrikaanse families
Navrae:
Etta Judson, Museumbestuurder
Tel: (012) 326 6770
Epos: museum@vtm.org.za