ONDERSTEUN

Word ’n ondersteuner van die VOORTREKKERMONUMENT

Die Voortrekkermonument kort 10 000 vriende
om daagliks Afrikanergeskiedenis te bevorder.

STAAN SAAM!

Staan saam om die VTM as ons kultuurtuiste te ontwikkel.

Sluit aan as ’n vriend van die monument deur die onderstaande vorm te voltooi waarna een van ons diensagente jou sal kontak met meer inligting. Sou jy verkies om nie deur ons diensafdeling gekontak te word nie, kan jy hier klik om ‘n vorm af te laai. Voltooi asseblief die vorm en stuur dan na info@kultuurtuiste.org.za

Ons het tans meer as 5000 ondersteuners, maar ons kort jou hulp om so vinnig as moontlik 10 000 ondersteuners te bereik.

DIE VOORTREKKERMONUMENT

het jou nodig om ’n verskil te maak.

WAT BIED ONS AAN? 

  • Jy maak die verskil om die baken van hoop en jou storie en jou Afrikaner geskiedenis te bevorder en met trots te ondersteun.
  • Deur saam te staan is jy deel van die oplossing om die voortbestaan van die monument en die nalatenskap van ons af Afrikaners te verseker.
  • Jy is, net soos die Voortrekkermonument, ’n baken van hoop deur jou deurlopende ondersteuning en sonder jou sou die voortbestaan van die Monument nie moontlik gewees het nie.
  • Deur die toegewyde ondersteuning skep jy sekerheid vir die toekoms vir jou en jou kinders.
  • Jy kry die geleentheid om diensbaar te wees en mede-verantwoordelikheid te neem vir die voortbestaan van die Voortrekkermonument.
  • Jy neem deel aan die bou en bevordering van die Afrikaner se kultuurtuiste.
  • Jy ontvang gratis toegang tot die Voortrekkermonument en terrein.
  • Jou direkte gesin ontvang 50% afslag op toegang tot die Voortrekkermonument, indien jy teenwoordig is.