Ons COVID-19 Protokol

Wat om te weet wanneer jy besoek
- Die terrein, monument en museum is tans Dinsdae – Sondae vanaf 09:00 tot 17:00 oop. Vanaf 7 Desember 2020 verander besoektye na Maandae – Sondae vanaf 08:00 – 16:00.
- Elke besoeker wat die terrein betree moet inteken by die sekuriteitsbeamptes waar koors gemeet sal word. Besoekers wat ‘n hoë koorstelling het sal nie op die terrein toegelaat word nie.
- Groepe kan die Covid-19 kontakopsporingsvorm aflaai om toegang te vergemaklik. Koors sal steeds met aankoms gemeet word.
- Alle besoekers moet maskers dra. Geen besoekers sal toegelaat word om die terrein sonder ‘n masker te betree nie.
- Alle besoekers aan die terrein word aangeraai om gereeld hulle hande te was of te saniteer. Saniteermiddel is by toegangspunte beskikbaar.
- Toegang kan geweier word indien u enige simptome van die Covid-19 virus (koors, seer keel, loop neus, tekort aan asem ens.) het.
- Pas sosiale afstand toe van ten minste 1.5 meter van mekaar af.
- Kontaklose betaling is moontlik. Kaartjies kan op ons webtuiste aangeskaf word.
- U betree die terrein op eie risiko.