Opvoedkundige Dienste

‘n Besoek aan die Voortrekkermonument Erfenisterrein
bevorder en ontwikkel begrip en waardering vir Suid- Afrika en sy ryk kulturele erfenis.
Ons Opvoedkundige Diens
Opvoedkundige programme word aangebied wat uitkomsgebaseerd is en leerareas soos o.m. Menslike en Sosiale Wetenskappe, Tegnologie, Natuurwetenskappe en Kuns en Kultuur word aangespreek. Baie van die programme vind plaas in die nuwe Funda Ontdekkingsentrum.
Bogenoemde Opvoedkundige programme word in die volgende tale aangebied : Afrikaans , Engels , Tshivenda , Tsonga , SeTswana, en Sepedi.
Groepe van tot 250 kan geakkommodeer word.
Hooftemas
- Die Groot Trek
- Die Voortrekkermonument
- Fort Schanskop
- Die Anglo-Boereoorlog
- Lewenswyses van 19de-eeuse SA samelewing
Besoekure
Mei tot Augustus : Maandag tot Sondag : 08:00 – 17:00
September tot April : Maandag tot Sondag : 08:00 – 18:00
Toegangsfooie
Toegang voertuie: R100 per bus, R60 per mini-bus, motor of motorfiets.
Toegang tot die Monument en Fort Schanskop: R 60 per leerder
DIE VOLGENDE ONDERWERPE KAN IN ONS PROGRAMME BEHANDEL WORD
Oorsake, geskiedenis en betekenis van die Groot Trek
- Verwysings word gemaak na faktore op die Oosgrens wat tot die Groot Trek kon aanleiding gee, die verloop van die Trek 1836-1838 en watter impak dit op die binneland gehad het.
Die bou , simboliek en betekenis van die Monument
- Agtergrond word gegee oor die bouproses 1937-1949 , materiaal wat gebruik is, voorwerpe wat ingebou is om simboliese betekenisse te hê en wat dit vir die Afrikaner en Suid – Afrika beteken het.
Die materiele kultuur van die Voortrekkers
- Voorwerpe, wat tydens die Groot Trek en daarna gebruik is, word in die Senotaafsaal en die museum uitgestal en toegelig.
Die aard van monumente en museums
- Die plek van ‘n monument en opvoedkundige waarde van museums ter bewaring van stoflike materiaal word verduidelik.
Migrasiepatrone in suidelike -Afrika
- Verwysings na inheemse groepe in die binneland en vestigingspatrone en die ontwrigting wat die Groot Trek meegebring het.
Toerisme
Verduideliking van die Voortrekkermonument as toerisme-aantreklikheid.
Argeologie
Verwysings na opgrawings van stoflike materiaal met spesifieke verwysing na Fort Schanskop.
Aspekte van die Anglo-Boeroorlog
Fort Schanskop word gebruik as vertrekpunt om die oorname van Pretoria deur Lord Roberts in Junie 1900 te verduidelik.
Die rol van Fort Schanskop tydens die Anglo-Boere-oorlog
Verduideliking van hoe die Fort na die inval in Pretoria deur die Engelse gebruik is.
Geskiedenis en materiële skeppinge van die vroeë Zulu – mense
Die Zulu-hut en -voorwerpe wat deur die Zulu-mense gebruik is, word fisies hanteer en gedemonstreer.