GESKIEDENIS

DIE TYDLYN

1652

Jan van Riebeeck kom in die Kaap aan.

1653

Eerste verversingspos is ten proef gestel.

1657

Eerste Vryburgers kry hul plase.

1688

Koms van die Franse Hugenote.

1779

Die Eerste Grensoorlog tussen Trekboere en Khoisan.

1778 – 87

Patriotte-beweging rondom burgerlike vryheid.

1806

Britte neem besit van die Kaap.

1830

Konflik in die Kaap oor Britse onderdrukking.

1834

Vrystelling van slawe.

1835 – 37

Die Groot Trek begin.

1836

Maritz en Potgieter vestig die eerste demokratiese regering by Morakashoek

1837

  • 5/11 Piet Retief bereik die eerste keer Dingane se stat, Umgungundlovu, om grond vir die Trekkers te vra.
  • 12/11 Piet Retief se verjaarsdag. Sy dogter, Debora Retief, verf sy naam op een van die rotse by Kerkenberg.
  • 14/11 Die eerste Voortrekkers trek die Drakensberg af.

1838

  • 4/02 Retief, sy twaalfjarige seun en hulle geselskap teken die traktaat met Dingane wat sê dat die Trekkers ’n gedeelte van die grond mag kry.
  • 06/02 Retief, sy seun en hulle hele geselskap word deur Dingane vermoor.
  • 16-17/03 Trekgeselskappe word onverwags oorval en word wreed by Bloukrans vermoor. 185 kinders sterf in een nag. Dit is die grootste getal kinders wat in een nag sterf.
  • 11/04 Die Voortrekkerleier, Piet Uys en sy seun Dirkie, sneuwel by Italeni.
  • 13-15/08 Aanval by Veglaer. 2000 Zoeloes het tydens die slag gesneuwel.
  • Die eerste Voortrekkers trek die Drakensberg af.
  • 23/09 Die Voortrekkerleier, Gerit Maritz, sterf. Met sy afsterwe is die Voortrekkers sonder leiers.
  • 22/11 Andries Pretorius word verkies as kommandant-generaal. Kort daarna vertrek hy met 464 mans en 64 waens op ‘n strafekspedisie na Dingane.
  • 09/12 Die Gelofte word vir die eerste keer onder leiding van Sarel Cilliers afgelê.
  • 16/12 Die Slag van Bloedrivier vind plaas.
  • 21/12 Andries Pretorius vind die oorskot van Piet Retief en sy kommando, asook die traktaat waarin Dingane die grond wettig aan die Voortrekkers gegee het.

1839

Die Trekkers vestig die hoofstad, Pietermaritzburg, wat na die twee trekleiers, Pieter Retief en Gert Maritz vernoem is.

1841

Die Geloftekerk word in 1841 ingewy.

1845

Meeste Trekkers verlaat Port Natal na die Britse besetting en gaan vestig hulle in Transvaal en die Vrystaat.

1852

Die Zuid-Afrikaanse Republiek (ZAR) kom tot stand.

1854

Die Republiek van die Oranje Vrystaat (OVS) kom tot stand.

1866

Die eerste diamante word ontdek en die Britse regering wil met alle mag al die republieke weer onder hulle beheer hê.

1875

Die GRA (Genootskap vir Regte Afrikaners) word gestig met die oog op die ontwikkeling van Afrikaans as lees- en skryftaal. 

1899 – 1902

Die Anglo-Boereoorlog.

1910

Suid-Afrika word ‘n unie.

1914

Die Suid-Afrikaanse Rebellie begin.

1927

Suid-Afrika kry sy eie landsvlag: die oranje-blanje-blou vlag met die klein vlae van die Boererepublieke met die Union Jack in die middel word aanvaar.

1921

CJ Langenhoven stel die “Stem van Suid-Afrika” bekend.

1929

Die FAK word gestig.

1949

Inhuldiging van die Voortrekkermonument ter herdenking van die Groot Trek. 

Bron: Verkennerlewe – Die Voortrekkers