UITNODIGING: OPENING VAN VRIJHEIDSREIS-UITSTALLING IN DIE VOORTREKKERMONUMENT
Hiermee word u hartlik uitgenooi na die amptelike opening van die nuwe Vrijheidsreis-uitstalling in die Voortrekkermonument. Die museum is nie net na twee dekades opgeknap en gemoderniseer met klank en kuns nie, maar ook vergroot met ’n nuwe WH Coetzer- en Moerdijk-saal om die bougeskiedenis van die Voortrekkermonument te vertel. Unieke historiese voorwerpe soos Piet Retief se waterbottel en onderhandelingstafel word vir die eerste keer in die Voortrekkermonument uitgestal. Die museum wil vir elke toeris en besoeker, jonk en oud, ’n unieke ervaring bied om die Voortrekkerlewe en Groot Trek-hoogtepunte te beleef.

DATUM: 14 Junie 2022
TYD: 18:00
PLEK: Die Heldesaal in die Voortrekkermonument
DRAG: Semi-formeel
R.S.V.P. Voor of op 10 Junie 2022 deur die onderstaande vorm te voltooi.

Die museum kan voor die amptelike opening, vanaf 17:00 en direk na die opening besigtig word.

Ons nooi u om na afloop van die opening verversings saam te geniet.