Wen ’n heerlike buffetete vir twee by die Voortrekkermonument
Is jy lus vir ’n boerekosfees? Staan die kans om ’n gesogte buffetete vir twee by die Voortrekkermonument te wen!
Wat kan jy verwag?
Regte egte boerekos in die skadu van die Voortrekkermonument.
’n Atmosfeer wat jy net in die Kruger-galery kan kry, met hoë plafonne, historiese beelde en leiklipvloere, wat die perfekte agtergrond vir ’n Sondagmiddagete skep.
Besonderhede
Datum: Sondag 8 Desember 2024
Tyd: 11:00
Plek: Kruger-galery, Voortrekkermonument
Hoe om in te skryf?
Vul die vorm hieronder in, en staan ’n kans om die gelukkige wenner te wees!
Bepalings en voorwaardes geld.
Die wenner sal teen 6 Desember gekontak word.
Spyskaart
Voorgereg: Hoendersop, bonesop, peri-peri hoenderlewertjies saam met vetkoek en ’n verskeidenheid konfyte.
Hoofgereg: Beespot, hoenderpot, lamspot en skaapafval; bedien met rys en stampmielies; soet patats en groenbone; asook beetslaai, mengelslaai en pynappel-en-wortelslaai.
Nagereg: Malvapoeding, sagopoeding, tradisionele melktert, vrugteslaai en ’n soet verrassing met vla en roomys.