DONASIES
Hoekom het die monument donasies nodig?
Te midde van Covid-19, het die Voortrekkermonument baie geld verloor met die toerismebedryf wat tot halt gekom het. Die Voortrekkermonument is ’n erfenisbewaringsterrein wat nie geld van die regering ontvang nie. Ons is dus afhanklik van ons eie mense om ons deure oop te hou en aan te hou om ons ryk kultuur en erfenis aan die publiek beskikbaar te stel.
Waarheen gaan die geld?
Geld wat aan die monument geskenk word, word gebruik om die terrein toeganklik vir die publiek te hou en om al die besienswaardighede, aktiwiteite en fasiliteite steeds aan die publiek beskikbaar te stel.
Hoe kan jy betrokke raak?
Klik op die onderstaande skakel, waarna jy na die Payfast-platform herlei sal word. Alle donasies wat deur hierdie platform geskied word direk aan die Voortrekkermonument betaal. Payfast is veilig en jou bankbesonderhede word nie gestoor nie.
BANKBESONDERHEDE VIR INTERNASIONALE INBETALINGS
Die Voortrekkermonument en Natuurreservaat
ABSA BROOKLYN: 632-005
REK NO: 1500 168 990
SWIFT CODE: ABSAZAJJ