FORT SCHANSKOP

FORT SCHANSKOP

Fort Schanskop neem besoekers op ’n reis terug in die verlede na ’n tydperk wat ook ’n baie belangrike rol gespeel het in die geskiedenis van die Afrikaner – die Anglo-Boereoorlog.

Kom maak ’n draai by ons pragtige Anglo-Boereoorlog (ABO)-museum waar oorspronklike artefakte uit hierdie era uitgestal word en besoekers dieper kan delf in hierdie merkwaardige storie, wat deel uitmaak van ons ryk geskiedenis.

Besoek gerus ook die Pro Patria Museum waar ’n insiggewende uitstalling oor die geskiedkundige rol van die Suid-Afrikaanse Veiligheidsmagte besigtig kan word.

DIE GESKIEDENIS VAN FORT SCHANSKOP

Na die mislukte Jameson-inval van 1896, het L Grunberg, ’n voormalige Franse artillerie-offisier, by die regering van die Zuid-Afrikaansche Republiek aanbeveel dat Pretoria met forte versterk moet word.

Sy aanbeveling is ter harte geneem, veral aangesien ’n kaart met al die ZAR se toegangsroetes, spoorverbindings en verdedigingstellings in die besit van ’n Britse offisier gevind is. Grunberg was verantwoordelik vir die beplanning en bou van Fort Daspoortrand en twee Duitse ingenieurs, OA von Dewitz en HC Werner, het die planne vir drie ander forte opgestel, naamlik Fort Schanskop, Fort Klapperkop en Fort Wonderboompoort.

Wil jy meer weet oor die geskiedenis van Fort Schanskop? Klik gerus op die skakel hieronder.

FORT SCHANSKOP FASILITEITE

Die Fort Schanskop Amfiteater bied ’n intieme buitelug-venue met geskiedkundige agtergronde vir pragtige foto’s. Die groot kameeldoringboom in die middel van die Fort word gereeld versier met liggies/lanterns vir ’n heerlike, gesellige atmosfeer.

Hierdie fasiliteit is beskikbaar vir verhuring deur die publiek en ideaal vir:

  • Musiekkonserte
  • Troues en onthale
  • Verjaardae
  • Jeuggroepaktiwiteite
  • Korporatiewe spanbou-aktiwiteite
  • Kerkdienste
  • Militêre saamtrekgeleenthede

GERIEWE

Badkamers
Rolstoelvriendelik
Genoeg parkering

KAPASITEIT

200-300 Sittende persone
1200-1500 Staande persone

BESPREKINGS