Kies jou avontuur by die Voortrekkermonument
Is jy op soek na ’n unieke ervaring vol betekenis, aksie en pret? By die Voortrekkermonument bied ons twee spesiale aktiwiteite wat jou op verskillende maniere gaan verras, leer én inspireer!
Klik op die avontuur waaroor jy meer inligting wil weet:
TOEKOMSBOU-MUSEUMTEATER
“Ek kry ’n klein klein beiteltjie, ek tik hom en hy klink; toe slyp ek en ek slyp hom totdat hy klink en blink.”
Die Afrikaner gebruik sy beitel om ’n toekoms vir die nageslag oop te kap! Kom ervaar dié verhaal van die Afrikaner van 1902 tot vandag, oor 120 jaar in twaalf tonele, in ons pragtige Toekomsbou-museumteater.
Dit is ’n verhaal van swaarkry, geloof, toekomsbou en hoop.
Bespreek jou plek hier of stuur ‘n e-pos aan [email protected]
Algemene inligting
-
Die opvoering word slegs in Afrikaans aangebied.
-
Die Museumteater is rolstoelvriendelik.
-
Slegs 10 persone kan per tydgleuf geakkommodeer word.
-
Vertonings duur 90 minute.
-
Elke “toekomsbouer” wat die vertoning bywoon, sal ’n bywoningsertifikaat ontvang. Voltooi dus asseblief alle besonderhede volledig tydens die inboekproses.
Teaterreëls
-
Betalings vir die vertonings moet ten minste twee dae (48 uur) voor die tyd deur middel van ’n EFT gedoen word. Stuur asseblief die bewys van betaling aan [email protected] en onthou om jou kaartjie en die bewys van betaling saam te bring.
-
Betalings vir vertonings wat op ’n naweek val, moet voor die Vrydag om 12:00 aan [email protected] gestuur word.
-
Besprekings wat verkeerdelik gemaak is, sal nie terugbetaal word nie. U kan egter ’n e-posboodskap aan [email protected] stuur om die datum en/of tydgleuf te verander.
-
Meld asseblief 15 minute voor die vertoning by die ontvangsarea aan.
-
Geen kos of drank word tydens die vertoning toegelaat nie.
-
Skakel asseblief alle selfone af voor die vertoning begin. Geen kameras word toegelaat nie.
-
Besoekers mag nie tydens die opvoering met die toneelspelers kommunikeer nie, tensy daar met jou gekommunikeer word.
Tydgleuwe en tariewe
TYDGLEUWE
- Dinsdae – Vrydae 10:00 en 14:00
- Saterdae: 14:00
TARIEWE
- Volwassenes: R160 per persoon
- Kinders/Pensioenarisse: R110 per persoon
- Parkering: R20 per voertuig
ONTSNAPKAMER
Welkom by die Toekomsbou-museumteater se Ontsnapkamer! Hier word jy teruggeneem in tyd, na 1902 aan die einde van die Anglo-Boereoorlog. Vasgevang in die verlede het spelers 60 minute om deur die dekades te beweeg en hul pad na die toekoms op ’n prettige, tog uitdagende wyse terug te vind.
Die span het twee doelwitte:
- Ontsyfer die leidrade om die sleutels of wagwoorde te vind wat elke vertrek sal oopsluit – beweeg per dekade deur die museum tot die hede binne die 60 minute tydlimiet.
- Binne die eerste vertrek sal jy ‘n leidraad moet opspoor wat jou sal lei na die eerste legkaartstuk versteek in die tweede vertrek. Agterop daardie legkaartstuk is die leidraad wat jou sal lei na die volgende legkaartstukke. Voltooi die legkaart vir ‘n spesiale bonus aan die einde van jou reistog.
Tydens die ervaring leer deelnemers nie net meer oor Afrikanergeskiedenis oor die laaste 120 jaar nie, maar ontwikkel hulle ook vaardighede soos spanwerk, kommunikasie, tydsbestuur, probleemoplossing, logiese redenasie en oplettendheid. Jy hoef nie ’n geskiedeniskenner te wees om saam te speel nie, maar as jy hou van breinknopers, raaisels, legkaarte en ’n tikkie speurwerk, is hierdie ervaring vir jou.
Dink jy jy kan jou pad terugvind na die hede? Kom vind uit!
Bespreek jou plek hier of stuur ‘n e-pos aan [email protected]
Tydgleuwe en tariewe
TYDGLEUWE
- Vrydae: 16:00
- Saterdae: 09:00, 11:00
- Groepgrootte: 3 tot 5 persone
TARIEWE
- Volwassenes: R160 per persoon
- Kinders/Pensioenarisse: R110 per persoon
- Parkering: R20 per voertuig