KONTAK ONS

KONTAK ONS

ALGEMENE NAVRAE

besprekings@kultuurtuiste.org.za

Tel: +27 (012) 326 6770

BESIGHEIDSURE

Maandag – Sondag

08:00 – 17:30 (Monument)
08:00 – 18:00 (Res van terrein)

ALGEMENE NAVRAE

besprekings@kultuurtuiste.org.za

Tel: +27 (012) 326 6770

BESIGHEIDSURE

Maandag – Sondag

08:00 – 17:30 (Monument) | 08:00 – 18:00 (Res van terrein)

NEEM KENNIS

Gedurende Gelofteweek sluit die monument daagliks om 22:00.

Die monumentterrein sal hierdie jaar op die volgende dae gesluit wees:

24 en 25 Desember
31 Desember en 1 Januarie ’25
Goeie Vrydag (Jaarliks)

BLY OP HOOGTE

WORD DEEL VAN ONS WHATSAPP-FAMILIE

ONTVANG INTERESSANTE FEITE OOR DIE MONUMENT EN BLY OP HOOGTE OOR HUIDIGE PROMOSIES, OPKOMENDE GELEENTHEDE EN VELE MEER!
WHATSAPP JOU NAAM EN VAN NA
071 309 4173

VRAAG EN ANTWOORD

Is daar toergidse beskikbaar op die terrein of moet ek vooraf reëlings tref?
Toergidse moet vooraf bespreek word. Stuur gerus ’n e-pos aan besprekings@kultuurtuiste.org.za

Kan skoolgroepe die Voortrekkermonument besoek en wat is die kostes?
Ja, die Voortrekkermonument verwelkom skoolgroepe op ‘n gereelde basis. Die Trekroetetuin en Pioniersentrum is altyd gewilde besoekpunte. Volg gerus die skakel om te bespreek.

Hoe kan ek ’n ondersteuner van die Voortrekkermonument word?
Jy kan ’n vriend van die monument word of ‘n skenking maak deur hier te klik.

Kan die Klipkapel gebruik word vir ’n roudiens of begrafnis indien ek ’n nis in die Voortrekkermonument se Troostuin bespreek het?
Die gebruik van die Klipkapel is onderhewig aan die tipe pakket wat jy bespreek het. Alle navrae kan gerig word aan Roelien Fourie by roelien@kultuurtuiste.org.za

Word professionele fotosessies toegelaat op die Voortrekkermonumentterrein?
Die Voortrekkermonument bied tans vier fotografie-pakkette waaruit professionele fotograwe kan kies. Hierdie fotosessies moet vooraf bespreek word deur ‘n e-pos te stuur aan besprekings@kultuurtuiste.org.za. GEEN professionele fotosessies word binne die monument toegelaat nie. Fotosessies word slegs buite op die terrein toegelaat.

Word hommeltuie toegelaat op die Voortrekkermonumentterrein?
Daar mag onder geen omstandighede hommeltuie op die terrein gevlieg word sonder vooraf toestemming nie.

REËLS EN REGULASIES

  • By aankoms moet besoekers asseblief van die hoofingang gebruik maak en daarna by Ontvangs aanmeld.
  • Moet asseblief geen steurnis vir ander veroorsaak nie.
  • Wees asseblief op die uitkyk vir fietsryers, stappers en drawwers.
  • Geen handeldrywende aktiwiteite word op die terrein toegelaat sonder vooraf toestemming nie.
  • Gehoorsaam alle verkeerstekens; onthou dat alle voetgangers en diere voorrang het.
  • Slegs persone in besit van ’n wettige bestuurslisensie mag in die reservaat bestuur.
  • Geen dier, plant of voël mag gevoer, gesteur of verwyder word nie.
  • Onthou dat onbeheerde brande vernietiging en dood veroorsaak. Wees dus asseblief verantwoordelik met die hantering van bv. braaivleisvure of sigarette.
  • Geen troeteldiere word op die terrein toegelaat nie, maar gidshonde is welkom.
  • Strooi van rommel is streng verbode.

Indien daar enige boere is wat belangstel om wild aan die reservaat te skenk, kan julle gerus met die monument kontak maak.