TRANSVAAL VOORTREKKERS MUSEUM

TRANSVAAL VOORTREKKERS MUSEUM

Afrikanerskap, Christenskap, Burgerskap … Dít is die fondasie waarop Die Voortrekkers in 1931 gevestig is en vandag is dit een van Suid-Afrika se grootste jeug- en kultuurbewegings. Later het dit ook in Namibië posgevat.

Die Voortrekkers is ’n kultuurbeweging wat hul lede, en in besonder die jeug, toerus om as moderne Afrikaners, positiewe Burgers en konsekwente Christene hulle roeping deur diensbaarheid uit te leef.

Die storie van Die Voortrekkers, wat reeds oor dekades geskryf word, is een van die Afrikaners se mooiste kultuurstories. Dit is ’n storie van deursettingsvermoë, toewyding en opoffering.

 

Op 10 Junie 2023 het die Transvaal Voortrekkers ’n splinternuwe museum-uitstalling by die Voortrekkermonument (VTM) geopen.

Die uitstalling fokus op die geskiedenis van die Transvaal Voortrekkers, die mense wat dié gebied opgebou het tot een van die grootstes in die beweging, kampe en die stories wat deur die jare vertel is deur elke Penkop, Drawwertjie, Verkenner, Staatmaker, heemraad en offisier.

Kom kuier by die Pionierswerf en kom saam met Die Voortrekkers op ’n reis deur die geskiedenis!

Vir enige navrae, stuur gerus ‘n e-pos aan besprekings@kultuurtuiste.org.za