Tuis2022-08-29T14:47:00+02:00

WELKOM BY JOU

KULTUURTUISTE

Die Voortrekkermonument is meer as net ’n erfenisbewaringsterrein. Dit is Afrikaners se kultuurtuiste waar almal welkom is. Dit is ’n baken van hoop wat jy uit enige rigting van Pretoria kan sien. Die Voortrekkermonument bied ’n geleentheid vir die publiek om meer te leer oor die Afrikaner se storie, van die Groot Trek tot by die Anglo-Boereoorlog en meer. Die monument vertel ’n storie van heldemoed, deursettingsvermoë en ’n toekomsvisie sodat ons vandag kan wees waar ons is.

Behalwe vir die geskiedenis, is die Voortrekkermonument ook ’n plek van ontspanning. Dit is die ideale plek om – in Afrikaans – te kom piekniek hou, stap, koffie drink en aan avontuuraktiwiteite deel te neem. Die Voortrekkermonument verwelkom gesinne, vriende en groepe om ’n uitstappie op die monument se terrein te geniet.
Die Voortrekkermonument is jou plek, jou mense, jou erfenis, jou toekoms, jou tuiste.

ONS STORIE
Moerdijk het ’n unieke ontwerp vir die monument gekies. Die reusagtige graniet-monument is op ’n koppie gebou en kan van alle kante van Pretoria gesien word. Die monument dien hiermee as ’n baken van hoop en ’n herinnering aan die Afrikaner van hul erfenis. Die Voortrekkermonument is sonder twyfel ’n weldeurdagte kunswerk met baie simboliek. Geen beeld is slegs vir estetiese waarde gemaak nie – alles beteken iets.

BELEEF
Kom kuier saam by die Voortrekkermonument se eie skoolkombuis. Skool op Wiele is ’n koffiehuis skuins oorkant die Voortrekkermonument geleë. Vetkoeke, jaffels, boereworsrolle en pannekoek is van die heerlike disse wat jy kan geniet saam met ‘n koppie kweperlat koffie. Die winkel verkoop ook oulike opvoedkundige speelgoed vir kinders. Beleef weer die nostalgie van die goeie ou skooldae.

FASILITEITE
Die Voortrekkermonument is meer as net ’n erfenisbewaringsterrein. Dit is ‘n uitroepteken waar jy en jou familie kan tuis raak en ‘n funksie van jul keuse kan aanbied. Ons terrein spog met top gehalte fasiliteite wat ideaal is vir enige seminaar, doop, troue, verjaarsdagpartytjie, kamp ensovoorts.

ONDERSTEUN

Die Voortrekkermonument is meer as net ’n erfenisbewaringsterrein. Dit is Afrikaners se kultuurtuiste waar almal welkom is. Dit is ’n baken van hoop wat jy uit enige rigting van Pretoria kan sien. Die Voortrekkermonument bied ’n geleentheid vir die publiek om meer te leer oor die Afrikaner se storie, van die Groot Trek tot by die Anglo-Boereoorlog en meer. Die monument vertel ’n storie van heldemoed, deursettingsvermoë en ’n toekomsvisie sodat ons vandag kan wees waar ons is.

Behalwe vir die geskiedenis, is die Voortrekkermonument ook ’n plek van ontspanning. Dit is die ideale plek om – in Afrikaans – te kom piekniek hou, stap, koffie drink en aan avontuuraktiwiteite deel te neem. Die Voortrekkermonument verwelkom gesinne, vriende en groepe om ’n uitstappie op die monument se terrein te geniet.

Die Voortrekkermonument is jou plek, jou mense, jou erfenis, jou toekoms, jou tuiste.

ONDERSTEUN

Die Voortrekkermonument is meer as net ’n erfenisbewaringsterrein. Dit is ’n kultuurtuiste vir die Afrikaner. Dit is ’n baken van hoop wat jy uit enige rigting van Pretoria kan sien. Die Voortrekkermonument bied ’n geleentheid vir die publiek om meer te leer oor die Afrikaner se storie, van die Groot Trek tot by die Anglo-Boereoorlog en meer. Die monument vertel ’n storie van heldemoed, deursettingsvermoë en ’n toekomsvisie sodat ons vandag kan wees waar ons is.

Behalwe vir die geskiedenis, is die Voortrekkermonument ook ’n plek van ontspanning. Dit is die ideale plek om – in Afrikaans – te kom piekniek hou, stap, koffie drink en aan avontuur aktiwiteite deel te neem. Die Voortrekkermonument verwelkom gesinne, vriende en groepe om ’n uitstappie op die monument se terrein te geniet.

Die Voortrekkermonument is jou plek, jou mense, jou erfenis, jou toekoms, jou tuiste.

Erfenisfees – dis waar jy wil wees!

Dis weer tyd vir die Voortrekkermonument se jaarlikse Erfenisfees en oudergewoonte is die program propvol pret vir die hele gesin. Kom vier jóú erfenis saam met ...

Bybelskenking by Bloedrivier

Die Bloedrivier-erfenisterrein se personeel het meer as 80 Kinderbybels aan ’n skool in KwaZulu-Natal oorhandig. Die Bybels, wat in Zoeloe geskryf is, is aan leerlinge van die Vegkop Laerskool, ...

Danie de Jager-beelde kry nuwe tuiste

Danie de Jager neem sy plek in by die Voortrekkermonument Op 28 Julie 2022 het ons ’n geskiedkundige oomblik in die Voortrekkermonument (VTM) se bestaan gevier waar een ...

Go to Top