Tuis2023-04-19T15:54:58+02:00

WELKOM BY JOU

KULTUURTUISTE

Die Voortrekkermonument is meer as net ’n erfenisbewaringsterrein. Dit is Afrikaners se kultuurtuiste waar almal welkom is. Dit is ’n baken van hoop wat jy uit enige rigting van Pretoria kan sien. Die Voortrekkermonument bied ’n geleentheid vir die publiek om meer te leer oor die Afrikaner se storie, van die Groot Trek tot by die Anglo-Boereoorlog en meer. Die monument vertel ’n storie van heldemoed, deursettingsvermoë en ’n toekomsvisie sodat ons vandag kan wees waar ons is.

Behalwe vir die geskiedenis, is die Voortrekkermonument ook ’n plek van ontspanning. Dit is die ideale plek om – in Afrikaans – te kom piekniek hou, stap, koffie drink en aan avontuuraktiwiteite deel te neem. Die Voortrekkermonument verwelkom gesinne, vriende en groepe om ’n uitstappie op die monument se terrein te geniet.
Die Voortrekkermonument is jou plek, jou mense, jou erfenis, jou toekoms, jou tuiste.

Die Voortrekkermonument (VTM) het ’n petisie geloods waar jy ons kan help om ’n beter samewerking tussen die Tshwane Metroraad en die VTM te bewerkstellig.

Drie jaar lank al word die grensdrade nie opgegradeer nie omdat die metroraad nie die begroting goedkeur nie. Wat doen jou belastinggeld vir ons erfenis dan?

Die VTM het reeds uit hul eie verskeie opgraderings gedoen, soos perdepatrollies, hondepatrollies, veldwagters en nog vele meer om die veiligheid van al ons toeriste en die bewaring van ons Afrikanererfenis te verseker.

Ons haal duisende rand per maand uit vir brandstof vir kragopwekkers weens kabeldiefstal – wat buite ons terrein gebeur – terwyl ons munisipale rekening reeds R250 000 per maand is. Dié geld sou ons veel eerder wou gebruik om kritiese opgraderings en instandhoudingswerk te doen.

Dit is tyd vir die gemeenskap om op te staan en ons stemme te laat hoor. Deur hierdie petisie te teken, vereis jy van die Tshwane Metroraad om hulle verantwoordelikhede na te kom. Ons erfenis moet bewaar en veilig gehou word.

ONS STORIE
Moerdijk het ’n unieke ontwerp vir die monument gekies. Die reusagtige graniet-monument is op ’n koppie gebou en kan van alle kante van Pretoria gesien word. Die monument dien hiermee as ’n baken van hoop en ’n herinnering aan die Afrikaner van hul erfenis. Die Voortrekkermonument is sonder twyfel ’n weldeurdagte kunswerk met baie simboliek. Geen beeld is slegs vir estetiese waarde gemaak nie – alles beteken iets.

BELEEF
Kom kuier saam by die Voortrekkermonument se eie skoolkombuis. Skool op Wiele is ’n koffiehuis skuins oorkant die Voortrekkermonument geleë. Vetkoeke, jaffels, boereworsrolle en pannekoek is van die heerlike disse wat jy kan geniet saam met ‘n koppie kweperlat koffie. Die winkel verkoop ook oulike opvoedkundige speelgoed vir kinders. Beleef weer die nostalgie van die goeie ou skooldae.

FASILITEITE
Die Voortrekkermonument is meer as net ’n erfenisbewaringsterrein. Dit is ‘n uitroepteken waar jy en jou familie kan tuis raak en ‘n funksie van jul keuse kan aanbied. Ons terrein spog met top gehalte fasiliteite wat ideaal is vir enige seminaar, doop, troue, verjaarsdagpartytjie, kamp ensovoorts.

ONDERSTEUN

Die Voortrekkermonument is meer as net ’n erfenisbewaringsterrein. Dit is Afrikaners se kultuurtuiste waar almal welkom is. Dit is ’n baken van hoop wat jy uit enige rigting van Pretoria kan sien. Die Voortrekkermonument bied ’n geleentheid vir die publiek om meer te leer oor die Afrikaner se storie, van die Groot Trek tot by die Anglo-Boereoorlog en meer. Die monument vertel ’n storie van heldemoed, deursettingsvermoë en ’n toekomsvisie sodat ons vandag kan wees waar ons is.

Behalwe vir die geskiedenis, is die Voortrekkermonument ook ’n plek van ontspanning. Dit is die ideale plek om – in Afrikaans – te kom piekniek hou, stap, koffie drink en aan avontuuraktiwiteite deel te neem. Die Voortrekkermonument verwelkom gesinne, vriende en groepe om ’n uitstappie op die monument se terrein te geniet.

Die Voortrekkermonument is jou plek, jou mense, jou erfenis, jou toekoms, jou tuiste.

ONDERSTEUN

Die Voortrekkermonument is meer as net ’n erfenisbewaringsterrein. Dit is ’n kultuurtuiste vir die Afrikaner. Dit is ’n baken van hoop wat jy uit enige rigting van Pretoria kan sien. Die Voortrekkermonument bied ’n geleentheid vir die publiek om meer te leer oor die Afrikaner se storie, van die Groot Trek tot by die Anglo-Boereoorlog en meer. Die monument vertel ’n storie van heldemoed, deursettingsvermoë en ’n toekomsvisie sodat ons vandag kan wees waar ons is.

Behalwe vir die geskiedenis, is die Voortrekkermonument ook ’n plek van ontspanning. Dit is die ideale plek om – in Afrikaans – te kom piekniek hou, stap, koffie drink en aan avontuur aktiwiteite deel te neem. Die Voortrekkermonument verwelkom gesinne, vriende en groepe om ’n uitstappie op die monument se terrein te geniet.

Die Voortrekkermonument is jou plek, jou mense, jou erfenis, jou toekoms, jou tuiste.

Die Kaplyn het gehore aan die gons

“Dit was hulle plig om te dien. Dit is nou óns plig om te onthou!” Met hierdie slotwoorde uit die nuwe musiekblyspel, Die Kaplyn is honderde mense op hul voete ...

Fietsskenking maak VTM se hande sterker

Die Studenteraad van Sonop Christelike Tehuis het vandeesweek drie fietse aan die Voortrekkermonument (VTM) geskenk as deel van die monument se nuwe sekuriteitsontwikkelingsprogram.Sonop is die tuiste van 160 mansstudente aan ...

Go to Top