
Lenie Retief skryf op 7 Julie 1840 aan haar broer in die Kaap om hom van haar ervarings tydens die Groot Trek te vertel. In haar brief beskryf sy die ontberinge, angs en vrees wat sy moes deurmaak. Sy vertel hoe onmenslik swaar dit vir haar was om haar man en seun op so ‘n wrede wyse te verloor — en dat sy nie eens die kans gehad het om hulle te begrawe nie. Sy sluit haar brief af met:
“My liewe broer
Stuur tog vir my ‘n kassie met boompies sodat ek dit kan plant in die nuwe land. Ek sal self vir die vervoer betaal”
– Lenie Retief
Om ‘n boom te plant, is om ’n toekoms vir jou kinders en kleinkinders te help vorm. As huldeblyk aan Lenie Retief se daad van hoop vir die toekoms, beplan die Voortrekkermonument om ’n vrugteboord van 50 bome teen slegs R300 per boom aan te plant.
Daar is beperkte naamplekke beskikbaar vir dié wat vir hul kinders of kleinkinders ’n vrugteboom in dié besonderse boord wil borg. Jou nageslag se name sal op ’n spesiale bord verewig word wat by die Lenie Retief-vrugteboord opgerig word.
Maak ‘n aanlyn donasie
Kies die aantal bome wat jy wil skenk:
Verkies jy ‘n bankoorplasing?
Sien ons bankbesonderhede hieronder.
Die Voortrekkermonument en Natuurreservaat
ABSA BROOKLYN
Takkode: 632-005
Rekening: 1500 168 990
Verwysing: Bome_Naam en Van
Swift kode: ABSAZAJJ