ONS STORIE
KULTUURTUISTE
Die Voortrekkermonument is meer as net ’n erfenisbewaringsterrein. Dit is Afrikaners se kultuurtuiste waar almal welkom is. Dit is ’n baken van hoop wat jy uit enige rigting van Pretoria kan sien. Die Voortrekkermonument bied ’n geleentheid vir die publiek om meer te l eer oor die Afrikaner se storie, van die Groot Trek tot by die Anglo-Boereoorlog en meer. Die monument vertel ’n storie van heldemoed, deursettingsvermoë en ’n toekomsvisie sodat ons vandag kan wees waar ons is.
Behalwe vir die geskiedenis, is die Voortrekkermonument ook ’n plek van ontspanning. Dit is die ideale plek om – in Afrikaans – te kom piekniek hou, stap, koffie drink en aan avontuuraktiwiteite deel te neem. Die Voortrekkermonument verwelkom gesinne, vriende en groepe om ’n uitstappie op die monument se terrein te geniet.

DIE VOORTREKKERMONUMENT IS JOU PLEK, JOU MENSE, JOU ERFENIS, JOU TOEKOMS, JOU TUISTE.

TOEKENINGS
Die Voortrekkermonument is baie trots op en dankbaar oor die prestasies wat oor die jare bereik is.
2008
VTM ontvang die Professional Management Review se “Diamond Arrow”-toekenning (1ste plek) as opwindendste geskiedkundige erfenisterrein of gebou in die Tshwane metropolitaanse gebied.
2009
- VTM ontvang die Professional Management Review se “Diamond Arrow”-toekenning as die instansie wat die meeste doen om groei en ontwikkeling te help in die Tshwane metropolitaanse gebied.
- VTM ontvang die 1ste plek in die Tshwane Toerisme-toekennings vir die instansie wat die meeste bydrae lewer tot die ekonomiese groei van die stad.
2010
VTM ontvang die Professional Management Review se “Diamond Arrow”-toekenning (1ste plek) as opwindendste/interessantste geskiedkundige erfenisterrein of gebou in die Tshwane Metropolitaanse gebied.
2011
VTM ontvang die Professional Management Review se “Diamond Arrow”-toekenning as (1ste plek) opwindendste/interessantste geskiedkundige erfenisterrein of gebou in die Tshwane metropolitaanse gebied.
2012
- VTM ontvang die Professional Management Review se “Diamond Arrow”-toekenning as (1ste plek) opwindendste/interessantste geskiedkundige erfenisterrein of gebou in die Tshwane metropolitaanse gebied.
- VTM ontvang die 1ste plek in die Tshwane Toerisme-toekennings vir die instansie wat die meeste bydrae lewer tot die ekonomiese groei van die stad.
- VTM ontvang die Goue Toekenning (Algehele 1ste plek) by die China Outbound Travel & Tourism- skou in Beijing.
2013
- VTM ontvang die Professional Management Review se “Diamond Arrow”-toekenning (1ste plek) as opwindendste/interesantste geskiedkundige erfenisterrein of gebou in die Tshwane metropolitaanse gebied.
- Die Beste Monument in Pretoria toekenning n.a.v. ‘n meningspeiling van die lesers van die Rekord-koerant.
2014
- Die Beste Monument in Pretoria toekenning n.a.v. ‘n meningspeiling van die lesers van die Rekord-koerant.
- Algehele wenner van die Professional Management Review se Leiers en Presteerders afdeling in die kategorie: Besighede wat bydra tot die ekonomiese groei en ontwikkeling van Tshwane.
2015
- Die Beste Monument in Pretoria-toekenning n.a.v. ‘n meningspeiling van die lesers van die Rekord-koerant.
- Algehele eerste plek in die Professional Management Review se Leiers en Presteerders afdeling in die kategorie: Opwindende/Interessante Kultuur/Historiese plekke in Tshwane.
2016
- Eerste in die kategorie: Monumente n.a.v. Beeld-lesersopname.
- Die beste plek om besoekers na te neem, n.a.v. Rekord-leserskeuse.
- Eerste plek in Tripadvisor se Reisigers Keuse-toekennings.
2017
Beeld-leserskeuse se Platinum-toekenning vir die beste Monument uit 4 provinsies.
2018
Die plek om buitestedige besoekers na te neem n.a.v. ’n meningspeiling van die lesers van die Rekord-koerant.
FOTO GALERY
Het jy ’n mooi foto van die monument geneem? Stuur dit aan belinda@kultuurtuiste.org.za