RESTAURANTE EN WINKELS
SKOOL OP WIELE KOFFIEHUIS
Kom kuier saam by die Voortrekkermonument se eie skoolkombuis!
Skool op Wiele Koffiehuis is geleë skuins oorkant die Voortrekkermonument en neem besoekers op ’n nostalgiese reis terug na die goeie ou skooldae!
Kom geniet ’n tradisionele braaibroodjie, smullekker jaffel of watertand hamburger saam met ’n koppie koffie. Ons het ook heerlike gin en ander alkoholiese drankies beskikbaar.
Pousetyd was nog nooit só lekker nie!

UITSPAN RESTAURANT

Onthou jy nog daardie heerlike kosgeure wat uit Ouma se plaaskombuis die hele huis deurtrek het?
Kom herleef weer daardie nostalgiese oomblikke by ons immergewilde Uitspan Restaurant!
Uitspan Restaurant is geleë aan die westekant van die Voortrekkermonument aan die voet van die stel trappe wat lei na die hoofingang van die monument.
Hier kan jy uitsien na heerlike geregte soos roosterkoeke, tradisionele Boere-ontbyte, verskeie peuselhappies en vele meer!
Kom sit aan en ervaar Afrikanergasvryheid op sy héél beste by Uitspan Restaurant, want híér is dit altyd lekker!
DE AFRIKANDER HANDELSHUIS
Is jy op soek na ’n eg Suid-Afrikaanse produk wat jy vir iemand as ’n unieke, duursame geskenk kan gee of in jou huis kan uitstal?
Dan is De Afrikander Handelshuis net die plek vir jou!
Kom loer in by hulle winkel op die Voortrekkermonumentterrein of besoek hulle webtuiste by www.afrikander.com.
