WEBWERF PRIVAATHEIDSBELEID
5.1. Sekere inligting oor die Gebruiker kan outomaties verkry word terwyl die Gebruiker deur die Webwerf navigeer. Dit sluit in, maar is nie noodwendig beperk tot, die Gebruiker se internetprotokoladres, internetblaaiersagteware en domein. Dit help die Voortrekkermonument om die Webwerf te bestuur en funksionaliteit te bied. Die Voortrekkermonument mag hierdie inligting vir interne doeleindes gebruik, maar sal dit nie aan enige derde partye verskaf nie.
5.2. Die Gebruiker kan die Voortrekkermonument van die Gebruiker se persoonlike inligting voorsien. Die Gebruiker gee toestemming dat die Voortrekkermonument sodanige inligting mag gebruik vir die doel waarvoor dit bekend gemaak word, en die Voortrekkermonument sal dit nie beskikbaar maak aan derde partye sonder die Gebruiker se toestemming nie.
5.3. Deur jou persoonlike inligting aan die Voortrekkermonument te verskaf
5.3.1. Gee jy toestemming dat jou naam, van, kontaknommer, en e-pos-adres versamel sal word deur die Voortrekkermonument en gestoor, verwerk en behou sal word op die Voortrekkermonument se toerusting en sagteware.
5.3.2. Gee jy toestemming dat hierdie persoonlike inligting gebruik mag word vir direkte bemarking (hetsy mondelings, per telefoon, skriftelik, of in enige ander vorm) van enige aanbiedinge en promosies deur die Voortrekkermonument.
5.3.3. Hierdie toestemming word geag volle toestemming te wees ingevolge die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting (No. 4 van 2013) (POPIA).
5.3.4. As jy enige van jou persoonlike inligting wil verander, opdateer of uitvee, kan ’n e-pos gestuur word aan die Inligtingsbeampte van die Voortrekkermonument, Mnr. Willem Scholtz by willem@kultuurtuiste.org.za.
5.3.5. As jy enige klagtes het oor hoe jou persoonlike inligting deur die Voortrekkermonument versamel, verwerk en/of gestoor word, kan sodanige klagtes gestuur word aan die Inligtingsbeampte van die Voortrekkermonument, Mnr. Willem Scholtz by willem@kultuurtuiste.org.za.
5.4. Deur te versoek of aan te dui dat die Gebruiker die Voortrekkermonument se nuusbrief of enige ander nuusbrief wat op die Webwerf versoek kan word, wil ontvang, gee die Gebruiker toestemming dat die Voortrekkermonument sodanige nuusbrief en enige ander inligting of materiaal wat die Voortrekkermonument van mening is van belang mag wees vir die Gebruiker, aan die Gebruiker stuur.