FASILITEITE

FASILITEITE

Die Voortrekkermonument se indrukwekkende onthaal-, fees- en konferensiefasiliteite voorsien in elke individu, paartjie of groter geselskap se behoeftes.

Ons beskik tans oor 11 pragtige fasiliteite wat ideaal is vir die aanbied van troues, funksies, verjaardae en ander spesiale geleenthede, seminare, konferensies, werkswinkels, en groot buitelug-byeenkomste.

Navrae en besprekings – 069 265 2408 / besprekings@kultuurtuiste.org.za

KLIPKAPEL

KAPASITEIT: 80 PERSONE

Die grasdak-klipkapel is aan die hang van die Voortrekkermonument geleë en bied die ideale ligging vir jou groot dag!

Die kapel is met unieke houtstoele gemeubileer en verskaf ’n gesellige, intieme atmosfeer met ’n pragtige klankakoestiek.

Die terrein spog met vele pragtuine wat beskikbaar is vir asemrowende foto’s!

Ideaal vir:

  • Troues
  • Dope
  • Begrafnisse
  • Ander gewyde geleenthede

Geriewe beskikbaar:

  • Goed-toegeruste bruidskamer
  • Badkamers
  • Uitstekende agtergrond vir foto’s binne en buite die kapel
  • Oudiovisuele stelsel (Nie ingesluit – Opsionele ekstra wat ons kan verskaf)

FORT SCHANSKOP AMFITEATER

KAPASITEIT: 200-300 SITTENDE / 1200-1500 STAANDE PERSONE

Fort Schanskop Amfiteater is ’n intieme buitelug-venue met geskiedkundige agtergronde vir pragtige foto’s.

Die groot kameeldoringboom in die middel van die Fort word gereeld versier met liggies / lanterns vir ’n heerlike, gesellige atmosfeer.

Ideaal vir groter saamtrekgeleenthede.

Ideaal vir:

  • Musiekkonserte
  • Trou-onthale
  • Jeuggroepaktiwiteite
  • Korporatiewe spanbou-aktiwiteite
  • Kerkdienste / Verjaardae / Militêre geleenthede

Geriewe beskikbaar:

  • Badkamers
  • Rolstoelvriendelik
  • Genoeg parkering
  • Uitstekende agtergronde vir pragtige foto’s

DE KROONKAMER

KAPASITEIT: 100 PERSONE

Die De Kroonkamer bied uitstekende geriewe, ruim spasie om tot 100 gaste te kan akkommodeer, en ’n voortreflike uitsig oor die stad!

Ideaal vir:

  • Trou-onthale
  • Huweliksherdenkings / Verjaardae / Familie-reünies / Ander spesiale geleenthede
  • Funksies
  • Seminare
  • Konferensies
  • Werkswinkels
  • Damestees / Kombuistees / Babatees

Geriewe beskikbaar:

  • Kombuis (Basies / Opwarming van kos)
  • Kroegarea met yskaste
  • Badkamers
  • Dekarea met pragtige uitsig oor die natuurreservaat en Pretoria-middestad
  • Genoeg parkering

VOORTREKKERSAAL

KAPASITEIT: 200-250 PERSONE

Die Voortrekkersaal is ongetwyfeld een van die VTM se beste venues vir groter saamtrekgeleenthede.

Dié pragtige, ruim funksielokaal bied al die nodige geriewe vir ’n onvergeetlike onthaal, funksie of ander spesiale geleentheid!

Ideaal vir:

  • Trou-onthale
  • Huweliksherdenkings / Verjaardae / Familie-reünies / Ander spesiale geleenthede
  • Konsertoptredes
  • Funksies
  • Matriekafskeide
  • Skoue / Feeste
  • Seminare / Konferensies / Werkswinkels

Geriewe beskikbaar:

  • Kombuis vir selfsorg
  • Verhoog
  • Kroegarea
  • Braaigeriewe
  • Badkamers
  • Rolstoelvriendelik
  • Glasdeure reg rondom wat kan oopskuif
  • Genoeg parkering

STOKKIESDRAAI

KAPASITEIT: 35 PERSONE

Stokkiesdraai bied ’n heerlike, intieme kuieratmosfeer onder ’n pragtige grasdak-lapa aan die voet van die prentjiemooi Voortrekkermonument. Dit is die ideale ligging vir ’n gesellige braai saam met vriende en familie!

Ideaal vir:

  • Gesellige braai saam met vriende en familie
  • Klein familie-reünies
  • Verjaardagpartytjies
  • Damestees / Kombuistees / Babatees

Geriewe beskikbaar:

  • Lapa
  • Braaiput met een groot beskikbare braairooster
  • Genoegsame plek vir ekstra braaidromme
  • Badkamer
  • Opwasarea

FAK-LIEDJIETUIN

KAPASITEIT VAN TUIN: 100-150 PERSONE

KAPASITEIT VAN LAPA: 50 PERSONE

Die FAK-Liedjietuin bied asemrowende agtergronde vir pragtige foto’s, intimiteit en ’n gesellige atmosfeer om elke geleentheid ’n onvergeetlike een te maak! Granietblaaie wat opgerig is regdeur die tuin, bring hulde aan die liedjies van verskeie bekende, Afrikaanse kunstenaars.

Ideaal vir:

  • Kinderpartytjies / Huweliksherdenkings / Verjaardae / Ander spesiale geleenthede
  • Groot kalenderdagvieringe
  • Tuinfunksies
  • Tuintroues
  • Klein opelugvertonings
  • Damestees / Kombuistees / Babatees
  • Gesellige braai saam met vriende of familie

Geriewe beskikbaar:

  • Buitelug-boma
  • Klim-en-klouterbaan met grasperkie langsaan vir kinderpartytjies
  • Lapa
  • Klein verhogie
  • Badkamers
  • Uitstekende agtergronde vir pragtige foto’s

TRANSVAALKAMER

KAPASITEIT: 16 PERSONE

Die Transvaalkamer is ryk aan Afrikanergeskiedenis met pragtige skilderye wat in die vertrek hang. Hierdie goed-toegeruste vertrek bied ’n rustige, intieme atmosfeer en is ideaal vir kleiner vergaderings of werkswinkels.

Ideaal vir:

  • Kleiner / intiemer vergaderings
  • Seminare
  • Konferensies
  • Werkswinkels

Geriewe beskikbaar:

  • Oudiovisuele stelsel
  • Badkamers
  • Rolstoelvriendelik
  • Koffiestasie

KRUGER-GALERY

KAPASITEIT: 100 PERSONE

Die Kruger-galery is een van die mees gewilde funksielokale op die terrein, met ’n stoep wat uitkyk oor die stad. Met sy pragtige leiklipvloer, buitepleine en uitstekende geriewe, bied dié fasiliteit jou die ideale venue vir jou volgende spesiale geleentheid!

Ideaal vir:

  • Trou-onthale
  • Huweliksherdenkings / Verjaardae / Familie-reünies / Ander spesiale geleenthede
  • Klein konsertoptredes
  • Funksies
  • Seminare
  • Konferensies
  • Werkswinkels
  • Damestees / Kombuistees / Babatees

Geriewe beskikbaar:

  • Badkamers
  • Kombuis (Basies / Opwarming van kos)
  • Rolstoelvriendelik
  • Klein verhogie met kateder
  • 2 x Buitepleine (voor en agter) met plek vir tafels en stoele waar nog mense geakkommodeer kan word
  • Die agterste buiteplein het ‘n pragtige uitsig oor die natuurreservaat en stukkie van Pretoria-middestad
  • Kan braaidromme ook op buitepleine uitpak indien daar gebraai wil word
  • Opskeparea
  • Dansvloerarea
  • Buitestoep waar nog tafels en stoele ook uitgepak kan word

AMFITEATER-DAK

KAPASITEIT: 10 000 PERSONE OF 179 STALLETJIES

Hierdie immergewilde, ruim onderdakfasiliteit bied verskeie opsies aan funksie- en feeskoördineerders wat getaak is met die reël van groot konserte, markte, feeste en ander uitstallings.

Ideaal vir:

  • Markte en groot uitstallings
  • Musiekfeeste en konserte

Geriewe beskikbaar:

  • Plek vir 179 stalletjies
  • Kragpunte
  • Badkamers
  • Rolstoelvriendelik

AMFITEATER

KAPASITEIT: 30 000 PERSONE

Die Amfiteater is ’n indrukwekkende buitelug-venue wat jaarliks groot musiekfeeste en -konserte, en ander massasaamtrekgeleenthede aanbied. ’n Beter atmosfeer gaan jy nie sommer kry nie!

Ideaal vir:

  • Groot buitelug-musiekfeeste en -konserte
  • Groot kerkdienste
  • Ander groot saamtrekgeleenthede

Geriewe beskikbaar:

  • Kragpunte
  • Badkamers

BLINKVOSPERD

KAPASITEIT: 80 PERSONE

As daar nou een venue by die Voortrekkermonument is wat beloof om enige saamtrek ’n onvergeetlike geleentheid te maak, is dit híérdie een!

Ideaal vir:

  • Gesellige braai saam met vriende en familie
  • Jaareind- en ander funksies
  • Damestees/Kombuistees/Babatees
  • Verjaardae
  • Romantiese pieknieks
  • Kleiner troues en onthale

Geriewe beskikbaar:

  • Braaigeriewe
  • Ruim grasperk waar tafels en stoele uitgepak kan word
  • 2 x Opwasareas
  • Badkamer