BELEEF DIE
ERFENISSENTRUM
ERFENISSENTRUM
Die Erfenissentrum op die Voortrekkermonument se terrein, is ’n projek deur die Erfenisstigting. Die Erfenisstigting is ’n maatskappy sonder winsmotief wat op die bewaring van bedreigde erfenisgoedere van besondere betekenis vir die Afrikaanssprekende gedeelte van die bevolking konsentreer.
Die uitstalling vorm die sigbaarste gedeelte van die Erfenissentrum. Die tema daarvan is Afrikaners in die 20ste eeu; baanbrekers, bakens en brûe; ‘poskaartflitse’ uit die geskiedenis. Gegewe die kompleksiteit van Suid-Afrika se geskiedenis in die 20ste eeu – en veral die Afrikaner se emosionele betrokkenheid daarby – was dit ’n baie ambisieuse en selfs riskante onderneming, wat met min hulpbronne onderneem moes word.
Die vertroue word uitgespreek dat die uitstalling daarin sal slaag om sover doenlik ’n objektiewe, eerlike, gebalanseerde en geloofwaardige blik te gee van die rol en bydrae van ’n volk wat die afgelope eeu onder moeilike omstandighede, ’n onuitwisbare invloed op die land gehad het. Daarom kon Suid-Afrika die eeu afsluit as ’n wêreldleier op verskeie gebiede en een van die toonaangewendste lande van die Afrika-kontinent.
In hierdie sentrum word ook die borsbeelde uitgestal van al Suid-Afrika se presidente tot by 1994. Jy sal ook die navorsingsentrum, biblioteek en die Voortrekkermonument se argief hier vind.