ERFENISPRET

ERFENISPRET

WAT IS ERFENISPRET?

Erfenispret is ’n opwindende speletjie waar deelnemers ’n ontdekkingsreis regoor ons geskiedkundige terrein onderneem om op ’n interaktiewe, spelende manier meer van ons Afrikanergeskiedenis en -erfenis te leer.

Kom maak gerus ‘n draai by ons Ontvangstoonbank en koop jóú blou Erfenispretsak wat al die nodige items bevat om hierdie prettige ontdekkingsreis aan te pak en jou wawiele te verdien!

Op jou merke … gereed … ontdek!

HOE WERK ERFENISPRET?

  • Wawiele, of kentekens, word verwerf deur ’n kombinasie van vrae en aktiwiteite by elke roetepunt korrek te beantwoord of uit te voer wat verband hou met ons Afrikanergeskiedenis en -erfenis.

  • Daar is 3 roetes op die roetekaart wat voltooi kan word.

  • Elke roete bied vier wawiele aan wat verdien kan word, asook verskeie bonuswawiele.

  • Daar is 50 wawiele in totaal wat per sakkie versamel kan word, waarvan 35 gratis en 15 betaal-wawiele is.

  • Elke roete neem gemiddeld tussen een tot twee ure om te voltooi.

WIE KAN ALMAL DEELNEEM AAN ERFENISPRET?

Erfenispret verskaf groot opwinding vir jonk en oud!

Of julle nou as gesin besluit om julle kentekens te kom verwerf, of ’n onderwyser of Voortrekker-kommandoleier is wat jou groep wil bring om hierdie opwindende ontdekkingsreis aan te pak … Erfenispret is vir almal!

Vir meer inligting, stuur gerus ‘n e-pos aan besprekings@kultuurtuiste.org.za of skakel 012 326 6770.