Familie-buffet

Geniet ’n unieke kulinêre ervaring by die Voortrekkermonument met ons maandelikse buffetetes, waar heerlike kos, familiekuier en ’n ryk erfenisomgewing saamkom.

Ons buffet is ideaal vir die hele gesin en bied ’n ontspanne atmosfeer waar oud en jonk saam kan aansit en ’n verskeidenheid smaakvolle geregte geniet.

Die spyskaarte word seisoenaal saamgestel en bied ’n verskeidenheid lip-lek-lekker disse, geïnspireer deur beide tradisionele gunstelinge en moderne smake. Elke buffet beloof iets nuuts en besonders om te geniet.

Bonus-ervaring

Maak jou besoek nog meer besonders:
Wanneer jy vir die buffet bespreek, kan jy ook ’n begeleide toer van die Monument om 10:00 teen halfprys byvoeg – die perfekte begin tot jou dag.

Tariewe

Volwassene

R250per volwassene

Kinders

R185per kind

Kinders

R110per kind

Kinders

R000per kind

Bespreek nou

14 Junie 2026

Opkommende Datums:

  • Sal binnekort bevestig word.