Kies jou ervaring:

Herdenk saam met ons die betekenisvolle Geloftedag by die Voortrekkermonument.
Selfs al maak jy nie gebruik van die snelrypakket nie, vra ons dat jy vooraf registreer om toegang op die dag vinniger en makliker te maak.

Jou registrasie help ons om:
✅ verkeer en parkering beter te bestuur
✅ genoeg sitplek en geriewe te beplan
✅ almal se ervaring so glad as moontlik te maak

Wat mag jy saambring:
✅ Jou eie stoel
✅ Sambreel om son te blok
✅ Hoed, en sonskerm

Toegang op die dag bly gratis, maar registrasie is noodsaaklik vir logistieke beplanning.

Registreer vandag nog en wees deel van ’n historiese dag van geloof, erfenis en eenheid!

Hiermee gee ek toestemming: *

Snelrypakket

Maak jou Geloftedag-besoek makliker en geriefliker met ons Snelrypakket! Geniet spesiale toegang tot die terrein, veilige en nabygeleë parkering en ’n paar lekker bederfies om jou oggend mee af te skop.

Snelrypakket

Slegs 2000 plekke beskikbaar
R20000per persoon
Jou snelrypakket sluit die volgende in:
  • Spesiale toegang tot die terrein via die Noordhek in Trichardtweg
  • Veilige en nabygeleë parkering
  • ‘n Trekleieir-blikbeker met heerlike koffie
  • ‘n Botteltjie water en koeldrank
  • Geurige vetkoek met maalvleis
  • Plastiekstoel om gemaklik op te sit

Belangrike inligting:

• Snelrygaste moet die Noordhek in Trichardtweg gebruik om toegang tot die terrein te verkry.
• Pakkette moet op Geloftedag tussen 06:00 en 08:30 afgehaal word.
• Geen pakkette sal ná afloop van die diens beskikbaar wees nie.

Aflê van die Gelofte en Kanonskoot

Besonderhede sal binnekort bevestig word

Kerssang by Kerslig met Amira Willighagen

Beleef ’n besonderse aand van musiek, geloof en samesyn by die Voortrekkermonument.

Die internasionaal bekroonde sangeres Amira Willighagen, saam met ’n orkesensemble, bring ’n roerende musikale ervaring na die Monument op die vooraand van Geloftedag en Kersfees.

Van die Heldesaal tot die Senotaafsaal en Markplein sal die klanke van koorsang en musiek weerklink – ’n aand vir besinning, gebed en saamwees met geliefdes.

Die konsert word afgesluit met die aflê van die Gelofte en die afvuur van die kanon.

Maak hierdie Kersseisoen besonders met ’n aand van musiek, lig en betekenisvolle oomblikke saam met familie en vriende.

Bespreek jou kaartjies en wees deel van Kerssang by Kerslig! 

Kies jou ervaring:

Heldesaal

Slegs 700 plekke beskikbaar
R25000per persoon
  • Geniet die vertoning van naderby met ’n gereserveerde sitplek.

Senotaafsaal

Slegs 500 plekke beskikbaar
R15000per persoon
  • Volg die vertoning op groot skerms. Sitplek word voorsien.

Markplein

R5000per persoon
  • Bring jou eie kampstoel, kombers en piekniekmandjie en geniet die vertoning op skerms onder die aandlug.
Bespreek vandag nog jou kaartjies!

Geloftedag 16 Desember

Toegang tot die terrein is gratis. Onthou om te registreer!

Voorlopige dagprogram

PARKERING EN AANWYSINGS

Hier Staan Ons Steeds

’n Boek oor die Gelofte, geloof en ’n belangrike hoofstuk in ons geskiedenis.

Die gebeure van 16 Desember 1838 het ’n blywende plek in Suid-Afrika se geskiedenis ingeneem. Maar wat het destyds gebeur, en watter betekenis dra die Gelofte vandag?

Die boek Hier Staan Ons Steeds verken hierdie verhaal en bied aan lesers die geleentheid om meer te leer oor die mense, gebeure en geloofsoortuigings wat daarmee verband hou. Dit is ’n boek om self te lees, saam met jou gesin te ontdek en as aanknopingspunt te gebruik vir gesprekke oor ons verlede. Want om geskiedenis te verstaan, begin by die verhale wat ons help om die gebeure en mense agter die datums beter te leer ken.

Die boek is beskikbaar teen R350. Klik hieronder om te bestel: 

Wanneer jy ’n Vriend van Bloedrivier word, ontvang jy ’n eksemplaar van die boek gratis as dank vir jou ondersteuning. Ontdek die verhaal. Word ’n Vriend. Word hier ’n Vriend van Bloedrivier en ontvang jou boek: 

Maak ons hande sterk sodat ons Gelofteweek groter en nog beter kan maak deur op die onderstaande skakel te klik en ’n finansiële bydrae van jou keuse te maak.