Kies jou ervaring:

Herdenk saam met ons die betekenisvolle Geloftedag by die Voortrekkermonument.
Selfs al maak jy nie gebruik van die snelrypakket nie, vra ons dat jy vooraf registreer om toegang op die dag vinniger en makliker te maak.

Jou registrasie help ons om:
✅ verkeer en parkering beter te bestuur
✅ genoeg sitplek en geriewe te beplan
✅ almal se ervaring so glad as moontlik te maak

Toegang op die dag bly gratis, maar registrasie is noodsaaklik vir logistieke beplanning.

Registreer vandag nog en wees deel van ’n historiese dag van geloof, erfenis en eenheid!

Aflê van die Gelofte en Kanonskoot

Beleef die Gelofte soos nog nooit tevore nie – ’n heilige oomblik van herinnering, geloof en verbondenheid by die Voortrekkermonument met afsluiting deur die kanonskoot.

Voeg opsioneel by:
1. Aandete – R125 per persoon
’n Tradisionele braaibroodjie, met ‘n stukkie boerewors en heerlike hoendersosatie bedien met aartappelslaai en ‘n koeldrank.

2. Monument-besoek – R100 per volwassene
Voeg ’n besoek van die Monument (teen spesiale prys) ná die Gelofte-aflegging by.

Kinders kuier gratis by ons in Desember-maand.

Besprekingsinligting:
Kies jou datum:
9 Desember 2025

Lewende Laer | 18:00 | R20 per volwassene (ekstras beskikbaar)

10 Desember 2025

Lewende Laer | 18:00 | R20 per volwassene (ekstras beskikbaar)

11 Desember 2025

Lewende Laer | 18:00 | R20 per volwassene (ekstras beskikbaar)

12 Desember 2025

Lewende Laer | 18:00 | R20 per volwassene (ekstras beskikbaar)

13 Desember 2025

Lewende Laer | 18:00 | R20 per volwassene (ekstras beskikbaar)

15 Desember 2025

Markplein, VTM | 18:00 | R20 per volwassene (ekstras beskikbaar)

Kerssang by Kerslig-konsert

Program vir die aand:

Geloftedag 16 Desember

Toegang tot die terrein is gratis. Onthou om te registreer!

PARKERING EN AANWYSINGS

Snelryparkering
Algemene parkering

Neem asseblief kennis:  Weens onvoorsiene omstandighede kan die program op kort kennisgewing aangepas word.  Maak asseblief seker van aanpassings t.o.v. geleenthede via ons Facebook-blad.

Groot Trek-Kinderkompetisie

Die FAK, in vennootskap met die Voortrekkermonument (VTM) en die Erfenisstigting (ES), bied met trots twee opwindende kinderkompetisies aan ter viering van die Groot Trek.

Inkleurkompetisie:
Vir jong kunstenaars tussen 4 en 9 jaar. Kinders kan een van die Groot Trek-prentjies inkleur en dit aanstuur om ’n kans te staan om wonderlike pryse te wen – insluitend publikasie van hul prentjie in die amptelike Geloftedag-program van 2025.

Skryf- en Voorleggingskompetisie:
Vir jong skrywers tussen 10 en 17 jaar. Deelnemers word uitgenooi om ’n kort storie oor die Groot Trek te skryf en dit self op video voor te dra. Die wenner kry die besondere voorreg om “Die Gelofte” op 16 Desember 2025 by die Voortrekkermonument voor te lees.

Beide kompetisies bied jongmense die kans om hul kreatiwiteit, trots en liefde vir ons geskiedenis te wys – en om deel te word van die Groot Trek-verhaal wat voortleef in elke generasie.

Skryf nou in – klik op die knoppie hieronder.

Die Voortrekkermonument ontvang geen staatsubsidie nie en is afhanklik van ons vriende en besoekers se bydrae vir die behoud, bevordering en uitbreiding van ons Kultuurtuiste.

Maak ons hande sterk sodat ons Gelofteweek groter en nog beter kan maak deur op die onderstaande skakel te klik en ’n finansiële bydrae van jou keuse te maak.