BELEEF

BLOEDRIVIER

BLOEDRIVIER ERFENISTERREIN

Die Bloedrivier Erfenisterrein naby Dundee is waarskynlik een van die uniekste slagvelde van Suid-Afrika. Op 16 Desember 1838 het 464 Voortrekkers met hul agterryers onder die bekwame aanvoering van Andries Pretorius, koning Dingane se ongeveer 10 000 impies onder bevel van Ndlela kaSompisi verslaan.

Die Voortrekkermonument bestuur die terrein sedert 2002. Besoekers kan uitsien na ’n interessante besoek aan die verskillende monumente op die terrein, die museum, die geskenkwinkel, die gastehuis met vier en suite-slaapkamers en die Trekkerkombuis-restaurant wat rus en voedsel vir liggaam en siel bied.

Klik hier om Bloedrivier se amptelike webwerf te besoek.