Merk jou dagboek vir die Presidensiële Partytjie van die jaar!

Pres. Paul Kruger, president van die Zuid-Afrikaansche Republiek, nooi die hele kontrei om sy verjaarsdagmakietie by te woon.
’n Mens word net één keer 200 jaar oud en dit belowe om die partytjie van die jaar te wees!
 
24 September 2025 | 09:00-16:00 | Voortrekkermonument-terrein
 
Hier volg die amptelike kennisgewing, waarin al die verrigtinge van die Presidensiële Partytjie uiteengesit word en waar burgers hul plek kan verseker!
 

 

Mark your calendar for the Presidential Party of the year!
President Paul Kruger, president of the Transvaal Republic, invites the whole region to attend his birthday celebration. 
You only turn 200 years old once, and this promises to be the party of the year!

24 September 2025 | 09:00-16:00 | Voortrekker Monument 

Here follows the official announcement, outlining all the proceedings of the Presidential Party, and citizens can secure their place.

Op soek na iets spesifiek? Klik gerus op die opsies hieronder. | Looking for something specific? Feel free to click on the options below.

Program

Bespreek nou / Book now

Kruger-kring | Kruger Circle

Die Kruger-kring (“golden circle”) bied aan 200 gaste die eksklusiewe geleentheid om heel voor in die gehoor te sit.

Ingesluit by die R250 kaartjie:

  • Sitplek reg voor die verhoog.
  • ‘n Kruger-knertsie (verwelkomingsdrankie).
  • Heerlike Kruger-knibbelkos (ligte verversings).
  • Parkering

…………………………………………

The Kruger Circle (golden circle) offers 200 guests the exclusive opportunity to sit right in the front row of the audience.

Included with the R450 ticket:

  • Reserved seats directly in front of the stage.
  • Kruger welcome drink.
  • Kruger snacks (light refreshments).
Kruger 200-buffet | Kruger 200 Buffet

Volwassene – R250 | Kind (11–13 jr.) – R100 | Kind (4–10 jr.) – R70

Paul Kruger nooi jou en jou gesin om sy verjaarsdagbuffet by te woon.

Kom geniet ’n driegangmaal, gedekte tafels wat kreun onder geurige buffetkos, ’n gesellige atmosfeer en mooi musiek – alles in die teenwoordigheid van Paul Kruger.

…………………………………………

Adult – R250 | Child (11–13 yrs.) – R100 | Child (4–10 yrs.) – R70

Paul Kruger invites you and your family to join him for his birthday buffet.

Enjoy a three-course meal, beautifully set tables laden with a fragrant buffet, a warm atmosphere, and lovely music – all in the presence of Paul Kruger.

Presidensiële Partytjie | Presidential Party

‘n Partytjiepermit van R20 per volwasse kan vooraf betaal word sodat besoekers die snelrylaan by die hoofhek kan gebruik.

Ingesluit by die kaartjie:

  • Parkering vir jou voertuig
  • Toegang tot ‘n volgepakte kuns- en musiekprogram op die Markplein.
  • Kruger-konsert wat om 09:00 afskop en eindig op ‘n hoogtepunt wanneer Steve Hofmeyr om 14:30 ons met al sy treffers vermaak.

Kaartjies kan ook by die hek aangekoop word.

…………………………………………

A party permit of R20 per adult can be paid in advance, allowing visitors to use the fast lane at the main gate.

Included with the ticket:

  • Parking for your vehicle.
  • Access to a jam-packed arts and music program at the Market Square.
  • Kruger Concert, kicking off at 09:00 and ending on a high note when Steve Homeyr entertains us with all his hits at 14:30.

Tickets are also available at the gate.

Kruger 200-Monumentbesoek | Kruger 200 Monument Visit

Monumentbesoeke kan op hierdie dag teen R200 per volwassene onderneem word.

Ons vier Kruger 200 en jy spaar R40 per volwassene.

Alle kinders én besoekers, wie se van met ‘n “K”-begin, ontvang GRATIS toegang tot die Voortrekkermonument.

Onthou asb. om jou ID-kaart, as bewys, saam te bring.

…………………………………………

Monument visits on this day are only R200 per adult.

We are celebrating Kruger 200, and you save R40 per adult.

All children and visitors whose surname starts with a “K” get FREE entry.

Please remember to bring your ID card as proof.

Kruger-kluis | Kruger Vault

Die Kruger-kluis bied dapper en avontuurlustige besoekers die geleentheid om Die Erfenisstigting se Ontsnapkamer aan te durf.

Pres. Paul Kruger roep jou terug na 1902 … Sal jy die leidrade kan ontrafel? Sal jy die verborge geheime kan ontsluit?

Die kostes van die Ontsnapkamer is gewoonlik R800 per sessie, maar slegs op 24 September kan besoekers ’n sessie teen R200 bespreek – in die gees van die Kruger 200-feesvieringe.

…………………………………………

The Kruger Vault offers brave and adventurous visitors the chance to take on The Heritage Foundation’s Escape Room.

President Paul Kruger summons you back to 1902 … Will you be able to unravel the clues? Will you unlock the hidden secrets?

The Escape Room normally costs R800 per session, but for 24 September, visitors can book a session for R200, in celebration of  Kruger 200.

Kruger-kinderprogram | Kruger Children’s Program

Die Kruger-kinderprogram is propvol pret en plesier en beloof om jou kleinspan besig én gelukkig te hou.

Kom neem deel aan die:

  • Kruger-kleurloop
  • Kruger-skattejag
  • Kruger-gesigverf
  • Kruger-inkleurkompetisie
  • Kruger-kiekies en nog vele meer.

Die kinderprogram is GRATIS, maar ons plekke vir klein lyfies is ongelukkig beperk.

Bespreek sou gou as moontlik jou kind(ers) se plekke.

…………………………………………

The Kruger children’s program is packed with fun and promises to keep your little ones busy and happy.

Take part in the:

  • Kruger colour run
  • Kruger treasure hunt
  • Kruger face painting
  • Kruger colouring competition
  • Kruger photo ops and much more

The children’s program is FREE, but spaces for little ones are unfortunately limited.
Book your child/children’s spot as soon as possible

Kruger-toneel | Kruger Tableau

KRUGER BREEK DIE PAD OOP
Deur: NP van Wyk Louw

Die toneelstuk Kruger breek die pad oop speel in 1863  af – die tyd net ná die Voortrekkerstate (Vrystaat en Transvaal) hul onafhanklikheid deur Engeland erken gekry het. Dit is van die moeilikste en donkerste tye in die geskiedenis van die Boererepublieke en daar heers wanorde en verdeeldheid in Transvaal.

Broers beveg mekaar, verkiesings word ongeldig verklaar, ooreenkomste word verbreek en daar word telkens na die wapen gegryp. En dan tree die 38-jarige president Paul Kruger in met ’n harde maar baie waar uitspraak “almal moet voor een wet buig”. Hierdie uitspraak bring noodlottige en baie hartseer gevolge – maar uiteindelik is dit die enigste uitweg vir vooruitgang in ’n vry republiek.

Hierdie toneelstuk gee insig en laat jou verstaan waarom Paul Kruger so ’n groot leiersfiguur en simbool van vryheid vir die Afrikaner is.

Hierdie toneel is nie geskik vir kinders onder 13 jaar oud nie.

Ekstras / Extras

Kruger-melk en Kolwyntjie | Kruger Milk and Cup Cake

Ons nooi die kleinspan om ’n botteltjie melk en ’n kolwyntjie saam met oom Paul en tant Gezina te geniet. Het jy geweet? Melk was oom Paul se gunstelingdrankie.

Koop vooraf jou Kruger-melkie en kolwyntjie teen R50 per kind.

Die kleinspan ontvang ’n gegeurde melkdrankie en ’n vrolik versierde kolwynjie.

Dit voel mos nou soos partytjie!

…………………………………………

We invite the little ones to enjoy a small bottle of milk and a cupcake with Uncle Paul and Aunt Gezina. Did you know? Milk was Uncle Paul’s absolute favourite drink.

Pre-purchase your Kruger milk and cupcake at R50 per child. 

The little ones will receive a flavoured milk drink and a cheerfully decorated cupcake.

Now that’s a party!

Kruger-koffie en Kolwyntjie | Kruger Coffee and Cup Cake

Kom drink koffie en eet ’n kolwyntjie saam met die presidensiële egpaar.

Koop vooraf jou Kruger-koffie en kolwyntjie vir R100 per persoon.

Jy ontvang ’n “Los my volk en koffie”-koffiebeker (ter waarde van R100), en dan ook ’n smaaklike kolwyntjie én koffie-sonder-keer (“bottomless coffee”) GRATIS.

Dit is mos nou ’n winskoop!

…………………………………………

Enjoy coffee and a cupcake with the presidential couple.

Pre-purchase your Kruger coffee and cupcake for R100 per person. You’ll receive a “Los my volk en koffie” mug (valued at R100), a delicious cupcake, and bottomless coffee FREE.

Now that’s a bargain!

Kruger-knertsie | Kruger Nip

Koop jou Kruger-knertsie en ontvang ’n “Los my volk en bier”-bierbeker óf ’n “Los my volk en gin”-ginbeker” – elk ter waarde van R150 en ontvang jou eerste bier of gin GRATIS!

…………………………………………

Buy your Kruger Nip and receive a “Los my volk en bier” beer mug or a “Los my volk en gin” gin glass – each valued at R150 – and get your first beer or gin FREE!

Wag, daar is nog / Wait there’s more

en nog vele meer!