BELEEF
SPORT EN AKTIWITEITE
SPORT
DRAF-, STAP EN FIETSRYROETES
VIR DIE AVONTUURTIER IN DIE NATUUR
Laat jou fietswiele spin op die stofpaaie van die Voortrekkermonument se terrein terwyl jy op dieselfde oomblik ’n pragtige uitsig kan geniet. Miskien is jy net lus vir ’n Saterdag-uitstappie in die veld. Dit maak nie saak hoe jy die natuur wil geniet nie, hier is avontuur vir jou!
Van die belangrikste eienskappe van ons bergfietsbaan is soos volg:
Die verskillende opsies maak voorsiening vir die volle spektrum, van basiese beginners tot gevorderde “adrenalienverslaafdes”, met verskillende wegspringplekke om dit nog meer interessant te maak. Verdere roetes sal later vanjaar ontwikkel word.
Dit is geleë in ’n veilige, omheinde natuurreservaat met ’n wye verskeidenheid fauna en flora, met voldoende, veilige parkering.
Daar is ’n verskeidenheid ander fasiliteite op die terrein wat ook benut kan word. Besoekers kan ook op die terrein stap en draf, braai op die piekniekterrein en veel meer.
Lede van die geselskap wat nie fietsry nie, kan intussen die historiese skatte op ons terrein ontdek. Geniet ’n koffie by “Skool op Wiele” en loer gerus in by ons geskenkwinkel.
AVONTUUR
OPVOEDKUNDIGE TOERE
Kinders leer die beste wanneer hulle sélf ontdek, beleef en lééf.
Bevorder en ontwikkel begrip en waardering vir Suid-Afrika en sy ryk kulturele erfenis.