Mediaverklaring

10 Desember 2023

“Dinner for one” ’n driegangmaaltyd

 

Jessi Prinsloo se ouers het hom “saamgesleep” om dié toneelstuk te kom kyk, maar toe draai dit uit om ’n “bang up”-vertoning te wees.

“Dinner for one” deur Lefra-produksies met Justin Strydom as James die butler, en Elma Potgieter as Miss Sophie, het die gehoor behoorlik aan die skater gehad.

Dié uiters snaakse roomtert-komedie speel af in ’n eeue-oue Britse herehuis, waar die laaste oorblywende lid van die familie, Miss Sophie, haar 90ste verjaardag vier. Die hele skets vind in die eetkamer plaas, met Miss Sophie aan die koppenent van die tafel, en daar is vir haar ‘gaste’ – wat almal al dood is – plekke gedek.

“Die stel was wonderlik uiteengesit en die akteurs se fisiese komedie was vlymskerp,” sê Johan van Zijl wat die toneel by die Voortrekkermonument kom kyk het.

Diederick van Eden vertel dat hy Dinner for One minstens al 50 keer gekyk het, en toe hy sien dit word by die Voortrekkermonument opgevoer, moes hy net sy gesin bring. “Dit was baie oulik gedoen. ’n Mens lag elke keer.”

Ander toneelstukke soos Omwenteling, Van Bloedrivier tot Bosoorlog, Op die plaas toneel en Liewe Heksie kan die hele week tydens die Gelofteweek-feesvieringe gesien word.

Kaartjies vir Gelofteweek kan op die Voortrekkermonumentterrein of aanlyn gekoop word. Sien die volledige program vir Gelofteweek op die Voortrekkermonument se webwerf: https://vtm.org.za/gelofteweek-2023/.

Op die 16de Desember maak die Voortrekkermonument reg om duisende mense vir Geloftedag te ontvang. Dié dag kan heeltemal gratis bygewoon word. Registreer jou plek hier om jou gratis sangboekie te kry: https://vtm.org.za/gelofteweek-2023/#registreer.

Is jy een van die 185 000 Afrikaners wat nog Geloftedag vier? Registreer jou plek hier: https://vtm.org.za/gelofteweek-2023/#vtm185