Die Voortrekkermonument (VTM) het ’n petisie geloods waar jy ons kan help om ’n beter samewerking tussen die Tshwane Metroraad en die VTM te bewerkstellig.

Drie jaar lank al word die grensdrade nie opgegradeer nie omdat die metroraad nie die begroting goedkeur nie. Wat doen jou belastinggeld vir ons erfenis dan?

Die VTM het reeds uit hul eie verskeie opgraderings gedoen, soos perdepatrollies, hondepatrollies, veldwagters en nog vele meer om die veiligheid van al ons toeriste en die bewaring van ons Afrikanererfenis te verseker.

Ons haal duisende rand per maand uit vir brandstof vir kragopwekkers weens kabeldiefstal – wat buite ons terrein gebeur – terwyl ons munisipale rekening reeds R250 000 per maand is. Dié geld sou ons veel eerder wou gebruik om kritiese opgraderings en instandhoudingswerk te doen.

Dit is tyd vir die gemeenskap om op te staan en ons stemme te laat hoor. Deur hierdie petisie te teken, vereis jy van die Tshwane Metroraad om hulle verantwoordelikhede na te kom. Ons erfenis moet bewaar en veilig gehou word.

As belastingbetaler eis ek dat my belastinggeld gebruik word om die Voortrekkermonument as nommer een toerismebate in die hoofstad van die land te bevorder.

Teken petisie hier: