Parlementslede van Nederland het onlangs Suid-Afrika besoek.
 
Hulle is deur die Solidariteit Beweging na al die beweging se onderskeie organisasies, waaronder Solidariteit , Afriforum , Helpende Hand, Sol-Tech, Maroela Media en Akademia geneem tydens hulle besoek. Hulle het ook die Krugerwildtuin besoek.
 
Die Voortrekkermonument was Simone Kerseboom, Freek Jansen, Bart van der Werf en Ruben Hermse van die Forum voor Democatrie-party se voorlaaste stop voor hulle terug is na hulle tuisland.
Flip Buys, voorsittter van die Solidariteit Beweging, dr. Dirk Hermann, uitvoerende hoof van Solidariteit, en Ernst Roets, adjunkhoof van AfriForum, en sy seun, ook Ernst, het ook die toer na die Voortrekkermonumet meegemaak.
 
Dr. Danie Langner, besturende direkteur van die Voortrekkermonument, het hulle op ’n toer deur dié monument begelei. Langner het hulle meer vertel van die “inspirasiestorie” wat op die 27 friespanele in die monument se Heldesaal uitgebeeld word.
Hy het hulle gevra wat hul dink die Afrikaners se geheime wapen uit sy geskiedenis is? Sy antwoord: “Ons vroue!”
 
Almal was dit eens dat die Voortrekkermonument “heel mooi” en “baie indrukwekkend” is.
 
Kerseboom wat in Port Elizabeth grootgeword het en aan die Rhodes Universiteit in Grahamstad studeer het, het gesê in Nederland is daar nie “sulke groot en indrukkende geboue nie.”
 
Ná hulle toer, is hulle ook bederf met ’n besoek na die dak van die monument, waar hul die 360 grade uitsig oor die Jakarandastad kon geniet.