Op 15 Maart 1840 is die Geloftekerk in Pietermaritzburg ingewy en Erasmus Smit word as eerste predikant ingehuldig.

Toe die Trekroetetuin beplan is, is daar dadelik spasie gemaak vir die pragtige Geloftekerk wat so simbolies is van die Afrikaner en sy identiteit wat in God geanker is.

Dié kerk pronk al ’n geruime tyd in die Trekroetetuin, maar dit is met trots wat die Geloftekerkie se replika nou net nóg beter is.

Wat is nou anders?

‘n Beter platform is gebou waarop die Geloftekerkie staan en selfs die Piet Retief en Gerrit Maritz beelde is gelig om meer sigbaar te wees.

Die VTM bedank graag die Afrikaanse Protestantse Kerk (APK) vir die verbeteringe van die Geloftekerk, en in besonder ds. Johan Schutte, wat hierdie taak self onderneem het.