
Kom ons plant saam
Desembervakansies op die plaas sal nooit dieselfde wees as daar nie soet, sappige appelkose of perskes swaar aan die bome in die vrugteboord se takke hang nie. Dit moet ook vars gepluk en op die plek opgeëet word om hierdie besondere plaaservaring gestand te doen.
Die Voortrekkermonument se Pionierswerf is pure plaas en die eerste vrugteboompies – van olyfboompies tot perske-, lemoen-, naartjie en appelkoosboompies – staan reeds in die grond, mooi netjies in gelid geplant – presies soos ons voorouers dit al vir eeue doen.
Ons wil jou graag deel maak van hierdie unieke projek wat erfenis, gemeenskap én die natuur vier. Deur ’n vrugteboom teen slegs R300 te borg, help jy ons om ’n vrugteboord te skep wat almal kan geniet – ’n plek waar jy kan wandel, droom, onthou en trots wees op jou Afrikanerwortels.
Elke boom dra nie net vrugte nie, maar ook stories. Of jy ’n boom borg ter nagedagtenis aan ’n geliefde of as ’n gesinsprojek – jou bydrae maak ’n verskil!
Net soos Ouma aan die einde van die seisoen daardie laaste stroopsoet geelperske noukeurig in groot glasbottels ingelê het, gaan die restaurante by die Kultuurtuiste ook hierdie tradisie gestand doen en die vrugte as deel van hul smullekker etes aanbied.
Kies ‘n opsie hieronder en vul slegs die bedrag in:
Opsie 1: R300 (een boom)
Opsie 2: R1500 ( vyf bome)
Opsie 3: R3000 (10 bome)
Verkies jy om ‘n bankoorplasing te maak?
Sien ons bankbesonderhede hieronder.
BANKBESONDERHEDE
Die Voortrekkermonument en Natuurreservaat
ABSA BROOKLYN
Takkode: 632-005
Rekening: 1500 168 990
Verwysing: Bome_Naam en Van
Swift kode: ABSAZAJJ