Mediaverklaring

15 Desember 2023

Juanita du Plessis sluit Gelofteweek op ’n hoogtepunt af.

Selfs al het dit liggies gemotreën, is die feestent volgepak om na Juanita du Plessis te luister en om Gelofteweek op ’n hoë noot af te sluit.

Selfs dat die gehoor weet hulle reeds om 06:00 die volgende dag weer by die monument kan inklok, skrik hulle nie af om die musiek te geniet nie.

“Juanita is ‘n ou legende en sy het vanaand weer haarself kom bewys. Dit was ‘n lekker konsert om die week mee af te sluit,” sê Francios du Toit wat die vertoning bygewoon het.

Juanita het die gehoor bekoor met van haar ou legendes, maar het ook ’n paar meer onlangse liedjies gesing.

“Dit is lekker om so baie mense by die Voortrekkermonument te sien, so op die vooraand van Geloftedag,” sê Gerhard Pretorius, kommunikasie bestuurder van die Voortrekkermonument.

Die Voortrekkermonument verwag om op Geloftedag byna 40 000 mense te ontvang. Verder is die Voortrekkermonument opsoek na 185 000 Afrikaners wat nog die Gelofte herdenk. Hierdie name sal in ’n tydskapsule gebêre word om in 2038 tydens die 200-jaar-herdenking van die Groot Trek te onthul.

As jy een van 185  000 mense is wat nog die Gelofte herdenk, bevestig jou naam hier: https://vtm.org.za/ek-is-een-van-185000/.