Mediaverklaring

14 Desember 2023

Liezel Pieters laat feesgangers asemloos by Voortrekkermonument

Liezel het die feestent voor die Voortrekkermonument saam met haar elektriese kitaarspeler, Raymond, betower. Die kinders het tot heel voor by die verhoog gedans op die energieke passies, terwyl mammas en pappas kon terugsit en ’n happie van die vele stalletjies betrokke by Gelofteweek, geniet.

Liezel Pieters is die vierde groot kunstenaar wat die week vermaak verseker by die Voortrekkermonument. Haar voorgangers, Elandré, Bernice West en Ricus Nel het elk die gehoor behoorlik op hul voete gehad, net soos sy.

Die publiek kan uitsien na Jay du Plessis, aan die beurt Donderdagaand en Juanita du Plessis om die week op ’n hoë noot af te sluit.

“Raymond, miskien moet ons maar ’n liedjie skryf vir die Monument?” het Liezel tong-in-die-kies opgemerk. “Dis Afrikaans, dis ons kultuur, dis lekker en dis pret!”

“Dit is baie lekker hier in die feestent! Die gees is aansteeklik!” sê Charles Rademeyer.

Dit is vir die Voortrekkermonument ’n eer om Afrikaanse sangers soos Liezel Pieters te ontvang wat Afrikaanse musiek weer laat lewe. Daar word uitgesien na die volgende twee groot vertonings en die Voortrekkermonument kan nie wag om die lankverwagte vakansiedag op 15 Desember saam met jou te spandeer nie!

Die Gelofteweek-feesvieringe is besig om na ’n einde se kant toe te staan om gereed te maak vir Geloftedag. Die Voortrekkermonument sien daarna uit om hierdie jaar weer 20 000 mense en selfs meer op die terrein te ontvang.

As jy Geloftedag vier hierdie jaar, waar in die wêreld dit ook al mag wees, voeg jou naam by hierdie lys: https://vtm.org.za/ek-is-een-van-185000/.