
Ervaar die Voortrekkermonument soos nog nooit tevore nie.
Hierdie eksklusiewe nagtoer neem jou op ’n reis van geloof en genade – ’n kragtige volksverhaal wat in die hart van die Monument tot lewe gebring word met akteurs, ligte en storievertelling.
Wat is ingesluit?
• Verwelkomingsdrankie en watertand sop
• Nagtoer met ’n gids
• Verrassingselement (optredes deur ons eie akteurs, musiek en sang)
Die toer is slegs beskikbaar in Afrikaans. Ouderdomsbeperking: Geen kinders onder 13 jaar.
| Sessie 1 | Sessie 2 | Sessie 3 |
|---|---|---|
| 17:30 Ontvang gaste en geniet sop-en-sjerrie | 18:30 Ontvang gaste en geniet sop-en-sjerrie | 19:30 Ontvang gaste en geniet sop-en-sjerrie |
| 18:00 Toer begin | 19:00 Toer begin | 20:00 Toer begin |
| 19:30 Toer eindig | 20:30 Toer eindig | 21:30 Toer eindig |