Ervaar die Voortrekkermonument soos nog nooit tevore nie.

Hierdie spesiale nagtoer neem jou op ’n reis van geloof en genade – ’n kragtige volksverhaal wat in die hart van die Monument tot lewe gebring word met akteurs, ligte en storievertelling.

Wat is ingesluit?
• Verwelkomingsdrankie
• Nagtoer met ’n gids
• Verrassingselement (optredes deur ons eie akteurs, musiek en sang)

Die toer is slegs beskikbaar in Afrikaans. Ouderdomsbeperking: Geen kinders onder 13 jaar. 

 

 

 

Sessie 1 Sessie 2
17:30 Ontvang gaste op die Markplein.  19:00 Ontvang gaste op die Markplein. 
17:45 Verwelkomingsdrankie 19:15 Verwelkomingsdrankie
18:00 Toer begin 19:30 Toer begin
19:30 Toer eindig, gaste verdaag. 21:00 Toer eindig, gaste verdaag.

BESPREEK NOU