SPORT-EN-LEEFSTYLAANBOD
SPORT EN LEEFSTYL
Beleef die buitelewe by die Voortrekkermonument
Kom leef voluit in die hart van Pretoria by die Voortrekkermonument se sport-en-leefstylaanbod — waar kultuurerfenis en natuur hande vat. Ons uitgestrekte terrein bied iets vir elke buitelugliefhebber: van ’n moderne buiteluggimnasium en verskeie stap- en fietsryroetes, tot rustige perderitte en die gewilde weeklikse Parkrun. Hier kan jy jou liggaam uitdaag, nuwe energie kry, en terselfdertyd die asemrowende natuurskoon en historiese omgewing geniet. Bring die hele gesin, kry vars lug en maak aktiewe herinneringe in ’n veilige en inspirerende ruimte.
Klik hier en lees meer oor:
BUITELUGGIMNASIUM
Fiksheid in die vars lug
Kom oefen in die buitelug en geniet die pragtige uitsigte van die Voortrekkermonument se terrein terwyl jy aan jou gesondheid werk. Ons buiteluggimnasium is perfek vir individue van alle fiksheidsvlakke — van beginners tot ywerige oefenentoesiaste.
Die gimnasium is toegerus met verskeie robuuste oefenstasies, wat jou in staat stel om ’n volledige oefensessie in die natuur te hê. Kies uit verskeie opsies soos:
• Kragoefeninge
• Kardiogerigte stasies
• Liggaamsgewigoefeninge
• Mobiliteits- en strekareas
Of jy nou op soek is na ’n vinnige oefensessie, ’n groepaktiwiteit of ’n rustige oggendroetine, die buiteluggimnasium bied jou die vryheid om fiksheid op jou manier te beleef — alles in ’n veilige, oop en inspirerende omgewing.
STAPROETES
Verken die staproetes van die Voortrekkermonument
’n Rustige wandeling of ’n meer uitdagende staptog, die Voortrekkermonument bied staproetes vir elke smaak en fiksheidsvlak. Die roetes neem jou deur inheemse natuur, met asemrowende uitsigte oor Pretoria, en bied ook unieke geleenthede om wild en voëls in hul natuurlike habitat te sien. Dit is die ideale manier om die buitelewe te geniet terwyl jy aktief bly en terselfdertyd kulturele erfenis waardeer. Bring gerus jou gesin of vriende saam en beleef die Monument vanuit ’n splinternuwe hoek.
Al die roetes begin naby ontvangs, en besoekers word aangeraai om water, sonbeskerming en stewige stapskoene saam te bring. Kom geniet vars lug, stilte en ’n betekenisvolle ervaring te voet.
Kies uit die volgende staproetes:
BERGFIETS- EN FIETSRYROETES
Trap deur erfenis en natuur
Die Voortrekkermonument bied verskeie roetes vir fietsryers van alle vlakke, met keuses tussen avontuurlike grondpaaie en meer gemaklike teerpaaie. Hier trap jy nie net vir fiksheid nie — jy ervaar ook geskiedenis, asemrowende natuurtonele en dikwels wild wat langs jou roete beweeg.
Beskikbare roetes
Bergfietsroetes (grondpaadjies):
Ons vyf bergfietsroetes van 5 km elk is spesiaal ontwerp vir verskillende vaardigheidsvlakke en rystyle. Elke roete het sy eie karakter en uitdagings — van vinnige afdraandes en tegniese draaie tot roetes deur digte grasvelde en bosgebiede.
Hierdie roetes is van internasionale gehalte en word weekliks met trots en passie onderhou deur ons toegewyde span. Of jy nou ’n entoesiastiese beginner is of ’n ervare bergfietsryer, jy sal hier iets vind wat jou uitdaag en inspireer.
Teerpadroetes:
Ons vier teerpadroetes is geskik vir fietsryers wat op soek is na ’n gemaklike en gelyke ry-oppervlak:
-
2 km-roete – Ideaal vir beginners of kort uitstappies.
-
5 km-roete – ’n Goeie keuse vir gesinsritte of roetine-oefening.
-
10 km-roete – Vir diegene wat ’n stewiger sessie wil hê.
-
15 km-roete – ’n Uitdagende rondte vir fiksheidsentoesiaste.
Hierdie roetes neem jou verby ikoniese landskappe en bied pragtige uitsigte, met genoeg spasie vir veilige ry of stap.
PERDERITTE
Ervaar die Voortrekkermonument op perdehoef
Beleef die Voortrekkermonument vanuit ’n unieke perspektief — op die rug van ‘n perd. Ons perderitte bied ’n rustige, nostalgiese en avontuurlike manier om die pragtige natuurgebied rondom die Monument te verken.
Of jy nou ’n beginner is of ’n ervare ruiter, ons begeleide ritte is geskik vir alle vlakke van ervaring en alle ouderdomme. Kinders is ook welkom om veilig onder toesig te ry.
Wat om te verwag:
-
Ritte deur inheemse grasvelde en boomryke paadjies
-
Geleenthede om wild en voëls in hul natuurlike habitat te sien
-
Veilige, begeleide ritte onder leiding van ervare perdehanteringspersoneel
Perderitte is beskikbaar op voorafbespreking. Besoekers kan ook dié perde ontmoet tydens feeste en kinderaktiwiteite by die Monument.
PARKRUN
TOEGANGSFOOIE VIR STAP-, DRAF- EN FIETSRYROETES
Geniet onbeperkte natuur, vars lug en aktiewe ontspanning teen bekostigbare tariewe. Kies tussen ’n dagbesoek of ’n maandtoegang, afhangend van hoe gereeld jy die roetes wil gebruik.
Draf-,stap- en fietsryroetes
Dagkaartjies:
• Volwassene: R55
• Skolier (6–18 jaar): R35
Maandtoegang:
• Volwassene: R75
• Skolier: R35
Seisoenkaartjies (3 maande):
• Volwassene: R215
• Skolier (6–18 jaar): R150
Jaarkaartjies:
• Volwassene: R700
• Skolier (6–18 jaar): R150
Perderitte
KONTAK ONS
Het jy ’n vraag oor ons staproetes, fietsryroetes, buiteluggimnasium of ander leefstylaanbiedinge? Ons help graag!
Stuur gerus ‘n e-pos na: leefstyl@kultuurtuiste.org.za of kontak ons by 012 326 6770